ongeveer 24 blokkies
Bestanddele
125 g botter
250 ml (1 k) bruinsuiker
2 eiers
440 g (1 blik) fyn pynappels
2,5 ml (½ t) vanielje
250 ml (1 k) koekmeel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
knypie sout
187 ml (¾ k) klapper
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Room botter en suiker.
2. Klits eiers, pynappel en vanielje by.
3. Sif meel, bakpoeier en sout.
4. Roer meelmengsel by bottermengsel en roer klapper by.
5. Skep in gesmeerde vierkantige koekpan en bak vir 30 min.
6. Laat effens afkoel en sny in blokkies.
7. Sit louwarm saam met vars vrugte en room¬ys voor.