6 porsies
Bestanddele
SOSATIES
2 rooi soetrissies, in blokke gesny
1 geel soetrissie, in blokke gesny
6 murgpampoentjies, in groot stukke gesny
4 fetakaasskywe, in groot blokkies gesny
1 pakkie kersietamaties
125 g (½ pakkie) sampioene
sosatiestokkies
30 ml (2 e) mosterdsous
15 ml (1 e) heuning
30 ml (2 e) olie
sout en peper
DOOPSOUS
250 ml (1 k) suurroom
sout en peper
15 ml (1 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) songedroogde tamatietapenade
Metode
1. Sosaties: Ryg soetrissies, murgpampoentjies, kaas, tamaties en sampioene beurtelings op sosatiestokkies.
2. Roer mosterdsous, heuning, olie, sout en peper byme¬kaar en smeer oor sosaties.
3. Rooster sosaties op kole of in oond tot gaar. Draai van tyd tot tyd om.
4. Doopsous: Roer bestanddele vir doopsous byme¬kaar en sit saam met sosaties voor.