1 koek
Bestanddele
KORS
?200 g (1 pakkie) gemmerkoekies
60 ml (4 e) botter, gesmelt
VULSEL
?500 g (2 x 250 g) mascarponekaas, kamertemperatuur
?75 ml (5 e) strooisuiker
15 ml (1 e) suurlemoensap
300 g (3 x 100 g-plakke) witsjokolade
?250 ml (1 k) room
?250 g (1 pakkie) vars frambose
?7,5 ml (1½ t) gelatien
?45 ml (3 e) waterAFRONDING
Metode
1. Kors: Kap koekies fyn en roer botter by tot goed gemeng.
2. Druk kors in gesmeerde tertbord of losboomkoekpan met 20 cm-deursnee vas.
3. Vulsel: Klits mascarponekaas, suiker en suurlemoensap tot gemeng.
4. Smelt sjokolade in mikrogolf teen 70% krag of oor dubbelkoker.
5. Klits gesmelte sjokolade by mascarponemengsel in.
6. Klits room tot styf. Vou saam met frambose by mascarponemengsel in.
7. Spons gelatien oor water. Smelt oor kookwater tot glad. Roer vinnig by mascarponemengsel.
8. Skep vulsel bo-op kors. Maak gelyk bo-op en plaas oornag in yskas.