6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
250 g (1 pakkie) spek, gekap
1 ui, fyn gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
750 g maer beesmaalvleis
1 eier
75 ml (5 e) ingedampte melk
1 skyf fetakaas, gekrummel
187 ml (¾ k) vars broodkrummels
2,5 ml (½ t) sout
knypie droë gemengde kruie
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Verhit olie en soteer spek. Skep uit en hou een¬kant.
2. Soteer ui en sampioene in dieselfde pan tot net sag.
3. Meng maalvleis, eier, melk, feta, krummels, sout en kruie. Voeg uimengsel by. Roer helfte van gebraai¬de spek by.
4. Vorm broodjie en plaas in geskikte broodpan¬netjie.
5. Bak vir 1 uur. Dreineer vet.
6. Sprinkel kaas en oorblywende spek bo-oor. Plaas weer terug in oond vir 8 min. Bedien in skyfies.