1 koek
Bestanddele
KOEK
3 eiers
250 ml (1 k) strooisuiker
250 ml (1 k) olie
10 ml (2 t) vanielje
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) koeksoda
5 ml (1 t) fyn kaneel
knypie neutmuskaat
knypie sout
375 ml (1½ k) wortels, fyn gerasper
3 appels, ontpit, geskil en fyn gerasper
125 ml (½ k) klapper
125 ml (½ k) sultanas
100 g (1 pakkie) pekanneute, gekap
VERSIERSEL
75 ml (5 e) botter
750 ml (3 k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) vanielje
60 ml (4 e) roomkaas
Stel oond op 180 °C.
Metode
1. Koek: Klits eiers en suiker tot liggeel. Voeg olie en vanielje by. Klits goed.
2. Sif meel, koeksoda, kaneel, neutmuskaat en sout. Roer by eiermengsel.
3.Voeg oorblywende bestanddele by en roer tot goed ge¬meng.
4. Skep beslag in gesmeerde ringkoekpan.
5. Bak vir 45 min. of tot toetspen skoon uitkom.
6. Keer uit en laat op afkoelrakkie afkoel.
7. Versiersel: Room botter met elektriese klitser. Voeg versier¬suiker by en klits tot gemeng.
8. Voeg 30 ml (2 e) roomkaas en vanielje by wanneer versier¬suiker te dik raak. Klits goed.
9. Voeg oorblywende roomkaas by.
10. Versier koek soos verkies.