6 porsies
Bestanddele
genoeg olie
3 uie, gekap
250 g sampioene, gehalveer
1 rooisoetrissie, in blokkies gesny
1 kg varkfilet, in blokkies gesny
sout en peper
200 g (1 pakkie) klein worteltjies
187 ml (¾ k) witwyn
375 ml (1½ k) hoenderaftreksel
30 ml (2 e) witwynasyn
45 ml (3 e) tamatiepasta
15 ml (1 e) sojasous
knypie droë gemengde kruie
30 ml (2 e) strooisuiker
10 ml (2 t) mielieblom
Metode
1. Verhit olie en soteer uie tot sag. Voeg sampioene en soetrissie by en soteer net sag. Skep uit en hou eenkant.
2. Verhit nog olie indien nodig en braai varkvleisblokkies tot gaar.
3. Geur met sout en peper na smaak.
4. Voeg wortels, witwyn en aftreksel by, sit deksel op en laat prut vir 30 min of tot wortels sag is.
5. Skep uiemengsel weer terug in pot.
6. Meng witwynasyn, tamatiepasta, sojasous, kruie, suiker en mielieblom tot glad.
7. Roer by vleisblokkies en verhit tot kookpunt. Laat prut tot sous begin dik word.