4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
2 uie, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
2,5 ml (½ t) droë tiemie
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
5 ml (1 t) suurlemoensap
750 ml (3 k) gaar wilderys
400 g halloumikaas, gedreineer en in blokkies gesny
Metode
1. Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag.
2. Voeg soetrissies en tiemie by en soteer vir 3 min. Voeg sampioene by en soteer tot sampioene net sag is.
3. Voeg suurlemoensap en rys by. Verwyder van hitte.
4. Braai halloumikaas in aparte braaipan tot goudbruin. (Dis nie nodig om olie te gebruik nie.)
5. Roer kaas liggies by rysmengsel.
6. Sit louwarm of teen kamertemperatuur voor.