8 porsies
Bestanddele
250 ml (1 k) koekmeel
knypie sout
100 g (1/5 blok) koue botter
10 ml (2 t) strooisuiker
1 eiergeel
45 ml (3 e) water
VULSEL
4 eiers
187 ml (¾ k) koekmeel
75 ml (5 e) strooisuiker
250 ml (1 k) room
380 g (1 blik) ingedampte melk
125 ml (½ k) melk
820 g (1 groot blik) peerhalwes, gedreineer
50 g (½ pakkie) gevlokte amandels
Metode
Stel oond op 200 °C.
1. Broskorsdeeg: Sif meel en sout. Vryf botter met vingerpunte in meel tot mengsel soos broodkrummels lyk. Roer strooisuiker by.
2. Klits eiergeel en water. Voeg by meelmengsel en meng tot deeg vorm.
3. Bedek deeg met kleefplastiek en verkoel vir 1 uur in yskas.
4. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 4 mm dik uit.
5. Druk in bodem van koekpan met 22 cm-deursnee vas.
6. Prik deeg met vurk en bak vir 15 min. blind.
7. Verwyder bakpapier en boontjies.
8. Vulsel: Klits eiers tot net gemeng. Sif meel by en klits weer.
9. Voeg strooisuiker, room, ingedampte melk en melk by en klits deur.
10. Plaas peerhalwes op bodem van kors. Gooi eiermengsel bo-oor.
11. Bak vir 30 min. Haal uit oond en sprinkel amandels bo-op.
12. Plaas vir 5 min. terug in oond of tot goudbruin bo-op.