24 kolwyntjies
Bestanddele
250 g (½ blok) sagte botter
387 ml (1½ k) strooisuiker
4 eiers
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
75 ml (5 e) melk
5 ml (1 t) vanielje
VERSIERSEL
60 ml (4 e) botter
625 ml (2½ k) versiersuiker, gesif
knypie bakpoeier
2,5 ml (½ t) vanielje
bietjie melk
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Room botter en strooisuiker tot liggeel en donserig.
2. Klits eiers by bottermengsel tot goed gemeng.
3. Meng koeksoda en jogurt. Roer by bottermengsel.
4. Sif koekmeel, bakpoeier en sout.
5. Meng melk en vanielje.
6. Meng meelmengsel en melk beurt¬elings by bottermengsel tot be¬slag vorm.
7. Skep beslag in muffinpannetjies wat met muffinpapiertjies gevoer is tot ongeveer ¾ vol.
8. Bak vir 20 min. of tot toetspen skoon uitkom.
9. Laat afkoel.
10. Versiersel: Room botter tot liggeel. Voeg versiersuiker bietjies-bietjies by terwyl geklits word.
11. Klits bakpoeier en vanielje by. Voeg bietjie melk by as versiersuiker te dik word.
12. Versier kolwyntjies soos verkies.