4 porsies
Bestanddele
5 ml (1 t) vars gemmer, fyn gekap
15 ml (1 e) sojasous
10 ml (2 t) bruinsuiker
15 ml (1 e) water
500 g beesfilet, in repies gesny
bietjie olie
1 ui, fyn gekap
1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 pakkie suikerertjies, skuins gesny
100 g (1 pakkie) kasjoeneute, grof gekap
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
vars koljanderblare
146 g (2 x 73 g-pakkies) Maggie 2-minute noodles (hoendergeur)
Metode
1. Meng gemmer, sojasous, bruinsuiker en water en plaas filet daarin.
2. Verhit olie en soteer ui tot sag. Voeg soetrissies by en soteer net vinnig.
3. Voeg ertjies by en soteer nog bietjie. Meng neute, pietersielie en koljander by. Skep uit.
4. Verhit nog olie indien nodig en soteer vleis saam met sous tot gaar.
5. Skep groente terug in kastrol en hou warm.
6. Maak noedels soos op verpakking aangedui.
7. Skep noedels in bakkies en skep roerbraai bo-op.
8. Sit dadelik voor.