Sjokolade-en-haselneut-tert.
Bestanddele
KORS
375 ml (1½ k) koekmeel
90 ml (6 e) versiersuiker
125 g (¼ blok) koue botter, in blokkies gesny
2 ekstra groot eiergele
45 ml (3 e) yswater
VULSEL
300 g donkersjokolade
375 ml (1½ k) dikroom
3 ekstragroot eiers
2 ekstragroot eiergele
50 g (½ pakkie) haselneute, gerooster en grof gekap
10 ml (2 t) likeur van jou keuse (opsioneel)
AFRONDING
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) versiersuiker, gesif
2,5 ml (½ t) vanielje
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Kors Sif koekmeel en versiersuiker. Vryf botter by meelmengsel in.
2 Klits eiergele en yswater en voeg by meelmengsel. Druk mengsel bymekaar tot deeg vorm.
3 Draai deeg in kleefplastiek toe en verkoel in yskas vir 30 min.
4 Voer oondvaste tertbord met 26 cm-deursnee met deeg. Prik kors met vurk.
5 Bak deeg blind vir 12 min. Verwyder bakpapier en boontjies en bak tertkors vir nog 7 min.
6 Haal uit oond en hou eenkant.
7 Vulsel Breek sjokolade in blokkies. Smelt saam met room oor lae hitte.
8 Klits eiers en eiergele met elektriese klitser tot skuimerig. Voeg by warm sjokolademengsel terwyl geroer word.
9 Laat nog 2 min. op warm plaat terwyl geroer word. Roer haselneute by. Verwyder van hitte.
10 Roer likeur by.
11 Gooi sjokolademengsel in tertkors en bak vir 30 min.
12 Afronding Klits room, versiersuiker en vanielje styf terwyl tert afkoel.
13 Sit tert saam met styf geklitste room voor. Vk