Spek-en-avokado-sop.
6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
2 selderystingels, fyngekap
250 g (1 pakkie) spek, gekap
knypie selderysout
knypie knoffelsout
125 ml (½ k) witwyn
5 ml (1 t) suurlemoensap
250 ml (1 k) dubbeldikroom
3 avokado’s, geskil, ontpit en in blokkies gesny
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
Metode
1 Verhit olie en soteer ui en seldery tot sag.
2 Voeg spek by en soteer tot gaar.
3 Geur na smaak met seldery- en knoffelsout.
4 Skep ui-en-spekmengsel in voedselverwerker en voeg wyn en suurlemoensap by. Verwerk tot so glad moontlik.
5 Gooi terug in kastrol en roer room, avokado’s en hoenderaftreksel by.
6 Voeg nog water of hoenderaftreksel by.
7 Verhit weer tot warm en sit dadelik voor.