Bestanddele
2 eierwitte
125 g strooisuiker
5 ml (1 t) kakaopoeier
1.25 ml (¼ t) vanielje-ekstrak
Metode
Stel die oond op 120 °C.
1 Klits die eierwitte tot sagte punte vorm.
2 Voeg die strooisuiker bietjie-bietjie by totdat dit opgelos is en die eierwit styf en glansend is.
3 Vou die kakaopoeier en vanielje deeglik met ‘n lepel in.
4 Skep die mengsel in ‘n versierbuis en spuit piepklein skuimpies (of enige grootte wat jy verlang) op ‘n bakplaat wat met waspapier of ‘n silikoonmat uitgevoer is.
5 Bak klein skuimpies vir 45 minute, en groter skuimpies vir tot een uur. Die skuimpies is gereed as dit droog en krakerig is. Laat dit heeltemal op die bakplaat afkoel voordat jy dit in ‘n lugdigte houer verpak.
WENK Jy kan verskillende varsiasies met ‘n basiese skuimpieresep maak. Vervang die kakao met 15 ml (1 e) fyngemaalde koffiebone (gebruik filterkoffiepoeier) vir koffieskuimpies. Jy kan ook fyngekapte neute, soos pistasieneute of pekanneute byvoeg. Laventelskuimpies is ook heerlik, voeg eenvoudig 5 ml (1 t) gekneusde gedroogde laventelblare by.