Bestanddele
2 mediumgrootte uie, fyn gekap
6 eetlepels ongesoute botter
500 g wilde/eksotiese sampioene, fyn gekap
2 klein rooirissies, fyn gekap
125 ml Amarula
Handvol vars pietersielie, gekap
3 eetlepels fyn, droë broodkrummels
500 g skilferdeeg
2 eiers en ’n spatsel water (vir smeer)
250 ml mayonnaise
125 ml gepekelde jalapeno-rissies, fyn gekap
2 eetlepels gerookte paprika
Metode
- Rokerige jalapeno-mayonnaise
- Meng die mayonnaise, fyn gekapte jalapeno-rissies en gerookte paprika (gebruik ’n indompel- of handmenger indien jy een het). Laat dit in die yskas afkoel totdat die empanadas reg is om bedien te word.
- Wildesampioen- en Amarula-empanadas
- Sauté die uie in ’n pan oor matige hitte en roer gereeld tot dit sag is. Roer die sampioene en rooirissies in en roer van tyd tot tyd totdat die vloeistof wat uit die sampioene ontsnap, verdamp en die mengsel begin verbruin. Voeg die Amarula by en kook, en roer totdat die vloeistof geabsorbeer is. Meng die sampioenmengsel, pietersielie en broodkrummels in ’n bak, sout en peper na smaak en verkoel onbedek. Voorverhit die oond tot 180°C. Rol ’n paar pasteideegvelle uit op ’n oppervlak lig bestrooi met meel en gebruik ’n ronde snyer om sirkels uit die deeg te sny. Borsel die kante van die pasteideegsirkels met eiersmeer (2 eiers saam ’n spatsel water geklits) en skep ’n hopie van die sampioenmengsel in die middel van elke pasteideegsirkel. Vou die rande van die pasteideeg saam met ’n vurk om halfmane te vorm en borsel met eiersmeer tot goudbruin. Bedien onmiddellik met die rokerige jalapeno-mayonnaise.
Bedien 4.
Besoek gerus www.amarula.com of www.facebook.com/amarula vir meer heerlike resepte en interessante feite oor Amarula.