Hierdie gebakte kaas-en-rys-gereg is heerlik as ‘n bykos
4 tot 6 porsies
Bestanddele
bietjie olie
2 uie, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
1 250 ml (5 k) gaar witrys
1 ml sout
knypie swartpeper
2 ekstragroot eiers
187 ml (¾ k) volroommelk
500 ml (2 k) room
250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Verhit bietjie olie en soteer uie, knoffel en pietersielie tot uie sag is.
- Voeg rys, sout en peper by. Braai bietjie en verwyder van hitte.
- Klits eiers en melk saam tot gemeng. Roer room by.
- Voeg roommengsel by rysmengsel. Roer kaas ook by.
- Giet rysmengsel in oondbak van ongeveer 26 cm x 18 cm wat met kossproei gespuit is.
- Bak vir 50 tot 60 minute of tot in middel gestol.
WENK Jy kan ook die witrys met arborio- (risotto) rys vervang