Maak hierdie heerlike sagokluitjies as nagereg
4 tot 6 porsies
Bestanddele
750 ml (3 k) volroommelk
75 ml (5 e) sago
1 ml sout
75 ml (5 e) botter
60 ml (4 e) suiker
75 ml (5 e) mielieblom
60 ml (4 e) water
4 ekstragroot eiers, geskei
OPDIENING
125 ml (½k) suiker
7,5 ml (1 ½ t) fyn kaneel
60 ml (4 e) botter, gesmelt
Metode
- Kook melk, sago, sout en botter saam in dikboomkastrol oor lae hitte tot sago deurskynend is. Roer gereeld sodat mengsel nie aanbrand nie. Dit neem ongeveer 30 minute.
- Meng suiker en mielieblom.
- Klits water en eiergele saam tot net gemeng. Voeg eiermengsel by suikermengsel en roer tot gemeng. Hou eenkant.
- Skep bietjie van warm sagomengsel by suiker-en-eier-mengsel. Roer tot gemeng.
- Giet hierdie suiker-en-eiermengsel dan terug by warm sagomengsel in kastrol. Roer tot gemeng.
- Kook sagomengsel vir nog 5 minute tot gaar. Verwyder van hitte.
- Klits eierwitte tot styf en vou by sagomengsel in.
- Opdiening Meng suiker en kaneel.
- Sprinkel bietjie van kaneelsuiker onder in opdienbak.
- Doop ‘n teelepel elke keer in gesmelte botter en skep ‘n teelepel vol van sagomengsel in opdienbak. Bedek bodem van opdienbak.
- Wanneer een laag sagokluitjies in opdienbak is, sprinkel weer kaneelsuiker oor.
- Skep weer ‘n laag sagokluitjies en hou so aan tot alles klaar is.
- Rond laaste af met kaneelsuiker.