Maryke Roberts gesels met Marcia Tyobeka, ‘n kookwaterkok van De Hoop naby Bredasdorp deel haar resep.
Bestanddele
fillodeeg
100 ml gesmelte botter
strooisuiker vir sprinkel
1 l melk
125 ml suiker
30 ml (2 e) koekmeel
60 ml (4 e) mielieblom
15 ml (1 e) vlapoeier
3 geklitse eiers
5 ml (1 t) vanieljegeursel of een vanieljepeul
kaneel
Metode
- Gebruik vier fillodeegvelle en sny in ewe groot vierkante.
- Smeer deeg met botter en sit in kolwyntjiepan. Bak vir 10 minute teen 160 ºC.
- Haal uit oond, besprinkel met strooisuiker en laat afkoel.
- Kook melk oor lae hitte. Meng droë bestanddele, voeg eiers, vanieljegeursel en bietjie melk by.
- Voeg by kokende melk en roer tot dit dik word.
- Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Skep in fillonessies, strooi kaneel oor en bedien met vars bessies.