Riaan Cruywagen kuier al jare in ons sitkamers en voel vir menige Suid-Afrikaner soos ’n ou bekende. Hy deel sy resep vir ‘n skaaprib- of skaapnekpotjie met ons
6 tot 8 porsies
Bestanddele
2 kg skaapribbetjie of skaapnek
250 ml (1 k) koekmeel
2,5 ml (½ t) fyn swartpeper
Aromat
genoeg olie
3 uie, grofgekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
genoeg sout
700 g (1 sakkie) klein heel aartappeltjies
275 g (1 pakkie) klein mielies
300 g (1 pakkie) klein worteltjies
350 g (1 pak) groenbone
140 g (1 pakkie) Chinese ertjies in dop (mangetout)
5 00 g (1 pak) botterskorsie, in blokkies gesny
bietjie kaneelsuiker
125 ml (½ k) sojasous
125 ml (½ k) goeie rooiwyn
LEES OOK: Geurige skaapboud vir Vadersdag
Metode
- Meng koekmeel, swartpeper en 10 ml (2 t) Aromat saam in vlak bakkie.
- Rol vleis in gegeurde koekmeel.
- Verhit olie in ysterpan. Braai skaapvleis aan albei kante tot bruin. Haal uit.
- Braai uie en knoffel in dieselfde olie waarin vleis verbruin is.
- Spuit binnekant van potjie goed met kleefwerende middel en maak potjie redelik warm.
- Pak skaapvleis sodat dit bodem en wande van potjie bedek. Skep uie en knoffel oor vleis.
- Pak nou groente in lae op skaapvleis. Sprinkel bietjie sout en Aromat tussen elke groentelaag.
- Sprinkel klein bietjie kaneelsuiker oor botterskorsies.
- Giet sojasous en rooiwyn eweredig oor alles.
- Maak potjie toe en moenie oopmaak voor minstens 2 uur verstryk het nie.
- Sorg dat pot stadig prut (met gas kan jy dit perfek stel).
- Daar sal later ’n waterseël met lugborreltjies om deksel se rand ontwikkel, dan weet jy pot is mooi op dreef.
- Toets ná 2 uur met vurk of aartappels sag is. As aartappels deursteek, is hulle gereed.
- Bedien saam met rys.