Gryp die geleentheid aan om jou familie en vriende behoorlik te beïndruk met verfrissende Pongrácz-granita met oesters. Ons wynskrywer, Wilna Myburgh, deel die resep van Pongrácz.
Pongrácz se luukse vars groen appelgeure in die yskoue granita-kristalle wat deur die ryk oesters sny, is ‘n wenkombinasie met die eindelose bediening van Pongrácz Brut. Hierdie semi-bevrore lekkerny is maklik om te maak vir enigiemand met ‘n vrieskas.
Behalwe vir die groen appelgeure, kom die neut- en vars gebakte brood-geure van hierdie klassieke Pongrácz-versnit van Pinot Noir en Chardonnay ook pragtig deur in die granita.
Die resep vir Pongrácz-granita maak 1,5 l.
Bestanddele
375 ml (1½ koppie) water
180 ml (¾ k) strooisuiker
saad van 1 vanieljepeul (opsioneel)
1 x 750 ml Pongrácz Brut
Metode
- Plaas die water en suiker in ‘n kastrol oor medium-lae hitte en roer tot die suiker opgelos is. Voeg die vanieljegeursel (opsioneel) by en hou eenkant om af te koel.
- Voeg die Pongrácz by die stroop en roer om te meng. Gooi in ‘n vlak pan en plaas in die yskas vir 5 tot 6 ure,of oornag.
- Skraap die mengsel met ‘n vurk om dit in yskristalle te breek. Bedek met plastiek en vries vir nog ‘n uur.
- Bedien die granita op oesters met suurlemoenwiggies.
Vir daardie ekstra wow-faktor, plaas ‘n oester met granita bo-op op ‘n glas vol Pongrácz Brut.
Vir meer inligting oor Pongrácz, besoek www.pongracz.co.za, Facebook of volg @Pongracz op Twitter.