Ek dink nie met heimwee aan my skooldae en onderwysers terug nie. Dalk was ek die gemene deler, maar daar is nie een onderwyser wat ek as ‘n rolmodel onthou nie.
Bygesê, ek het in ‘n era skoolgegaan waar seuns met ‘n rottang bygekom is as hulle nie binne die swart-en-wit-reëls gebly het nie en waar onafhanklike en kritiese denke nie geduld is nie. Diegene van ons wat buite die boks gedink het, was permanent bang, want vrees en respek is met mekaar verwar. Maar dis my storie. Lees ek die res van die span se herinneringe, is dit duidelik dat my storie nie almal se storie is nie. Aan alle onderwysers wat positiewe herinneringe by mense aanwakker, sê ek: Doe zo voort.
Eldaleen is die redakteur van Vrouekeur.