Hier is ‘n uitsonderlike geleentheid om nie net aan die skryf te kom onder die leiding van twee van die mees ervare persone in die Afrikaanse boekbedryf nie, maar dit te doen op een van die mooiste Griekse eilande.
THE TALKING TABLE·MONDAY, SEPTEMBER 19, 2016
In samewerking met Vrouekeur en The Talking Table
Hier is ‘n uitsonderlike geleentheid om nie net aan die skryf te kom onder die leiding van twee van die mees ervare persone in die Afrikaanse boekbedryf nie, maar dit te doen op een van die mooiste Griekse eilande.
Marita van der Vyver is die alom bekende en geliefde skrywer van talle boeke – romans, jeugverhale, kortverhale, leefstylboeke en biografiese vertellings. Frederik de Jager is reeds vir ‘n kwarteeu redakteur en uitgewer van ‘n groot aantal van die beste en mees bekroonde Afrikaanse skrywers – insluitende Marita. Saam kan hulle jou onderweg help op die lang maar hoogs bevredigende reis na skrywerskap. En waar is daar beter inspirasie as die prentjiemooi eiland waar die digteres Sappho anderhalfduisend jaar gelede reeds die eerste gevoelspoësie in die Westerse letterkunde geskryf het en die eerste indiwiduele uitdrukking gegee het in die liedere wat sy vir ons nagelaat het?
Vir sewe dae kan jy saam met ander aansit aan tafel by The Talking Table, saam werk in die oggende en verder deur die dag die dorp en die eiland verken. Aprilmaand is boonop die Griekse lente wanneer die natuur ontplof van kleur en geur – blomme, voëls en nuwe lewe. The Talking Table is gehuisves in die pragtige Eleana-herehuis in die dorpie Molyvos, ‘n plek waar mense van oor die wêreld saamkom om ‘n huis en ‘n tafel te deel en waar hulle deelneem aan die Groot Gesprek in al sy vertakkinge wat gaan oor die mens en sy plek in die wêreld.
Vir hierdie unieke geleentheid – luukse verblyf, twee etes per dag, die belewenis van ‘n Griekse eiland en ‘n besondere skryfwerkswinkel – is daar ‘n beperkte aantal plekke, bespreek dus vroeg om teleurstelling te voorkom. Plekke word op “first come, first serve”-basis toegeken.
Molyvos
Die huis waar die werkwinkel plaasvind
- Datum 20-27 April 2017
- Plek Molyvos, Lesbos, Griekeland
- Akkommodasie
- Luukse enkel- en dubbelkamers in ou herehuis in die middel van die dorp en 3 luukse Molyvos-styl huise naby die herehuis. (Die skakels het foto’s.)
- Eleana-herehuis 6 mense
- Grand View Kimon 4 mense
- Grand View Aphrodite 3 mense
- Ingesluit
- 7 dae in luukse akkomodasie in Molyvos.
- Ontbyt en langtafel ete per dag
- Werkswinkel met Marita en Frederik
- Beddegoed, Badhanddoeke, Swemhanddoeke
- Verhitting
- Gratis wifi
- Skoonmaak twee keer per week
- Gratis vervoer van die lughawe
- Etes
- Ontbyt
- Langtafel middag- of aandete
- Versnaperings heeldag
- Drankies en dorslessers
- Kostes
- “Early Bird”-betaling voor 30 November 800 euro
- Betaling na 1 Desember tot 1 Maart 850 euro
- Betaling
- As jy die week wil bywoon, stuur asb. epos aan [email protected] en ons sal detail van betaling aanstuur. Jy kan per EFT of kredietkaart betaal.
- Voorkeure
- As jy enige dieet- of persoonlike voorkeure het, sal ons dit per vraelys hanteer na betaling.
- Reisreëlings
- Sodra jy betaal het, stuur ons jou ‘n reisadviesdokument. Ons kan ook ‘n reisagent aanbeveel wat jou reis na die eiland kan organiseer.
- Visum
- As jy op ‘n Suid-Afrikaanse paspoort reis, het jy ‘n Schengen-visum nodig. Ons sal jou die nodige uitnodiging stuur vir jou aansoek. As jy verdere advies nodig het vir jou visumaansoek sal ons jou deur die aansoekproses neem, of jou reisagent kan jou bystaan.
Voorlopige program Die program is gebaseer op prettige self- en groepsoefeninge en laat baie vrye tyd om nie net die dorp en omgewing te beleef nie maar ook storiemateriaal te versamel. Die middae is vry maar die aanbieders is dan beskikbaar vir indiwiduele gesprekke met gaste oor hul skryfwerk. Die program mag vorentoe nog aangepas word. The Talking Table bied elke oggend ontbyt aan en een ander maaltyd – middag- of aandete afhangende. By hierdie etes sit almal saam aan en gesels saam. Kyk gerus by www.thetalkingtable.com hoe dit daar gaan.
- Dag Tyd Program
- 19 Vry Aankoms
- 20 Don Oggend – Hoekom skryf? Elkeen vertel hul eie rede. Ons begin saam ‘n kettingstorie skryf. Middag – Stap deur die dorp, sit in kafees, hou mense dop en luister af.
- 21 Vry Oggend – Plot en dialoog: oefeninge met gister se waarnemings. Middag – Vry / selfoefening
- 22 Sat Oggend – Genres: skryf dieselfde materiaal in verskillende genres. Middag – Vry / selfoefening
- 23 Son Oggend – In die voetspore van Sappho en Orpheus: skeppende legendes van die eiland Lesbos van die antieke tyd tot vandag. Middag – Vry / selfoefening
- 24 Ma Oggend – Openingsinne: ons speel met openingsinne van boeke. Middag – Vry / selfoefening
- 25 Din Oggend – Skryf jou eie verhaal. Middag – Vry / selfoefening
- 26 Woe Oggend – Boekbedryf en tydskrifte: behoeftes van uitgewers, hoe om voor te lê. Middag – Vertrek