In Vrouekeur van 26 Augustus skryf Johan Myburg oor uitvoerings deur Trio Elagaique op verskillende plekke in die land. Die inligting hier onder is ter aanvulling tot die Vrouekeur-rubriek.
JOHAN MYBURG
Die volledige lys uitvoerings is:
17 September is die trio in die Linder-ouditorium in Johannesburg;
18 September in die Tauromenium-konsertkamer in Pretoria;
21 September in Port Elizabeth;
22 September in die Drilsaal van St. Andrews College in Grahamstad;
23 September in die Endlersaal op Stellenbosch;
25 September in Hermanus;
26 September in Knysna
27 September in Durban.
[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/GfiFfqdP5rE?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Hier is ? opname van Sergei Rachmaninoff se Trio élégiaque no. 1 in g (1892) gemaak tydens die 2009-Verbier-fees. Die soliste is Vadim Repin (viool) Mischa Maisky (tjello) Lang Lang (klavier). Rachmaninoff was 19 toe hy dié trio in Moskou geskryf het.
[iframe width=”560″ height=”420″ src=”https://www.youtube.com/embed/IesxWe1pT28?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Luister hier na die Klaviertrio no. 2 in e, op. 67 van Dmitri Sjostakowitsj uitgevoer deur die Bella Trio, Stephanie Bibbo (viool), Gabriel Beistline (tjello) en Mimi Lee (klavier). Die opname is in 2011 gemaak in die San Francisco-konservatorium. Die trio is in 1944 geskryf, net ná die Simfonie no. 8. Die trio is een van die eerste werke waarin Sjostakowitsj reflekteer op die tragedie van die Joodse doodskampe tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Pjotr Tsjaikowski se Trio in a, op. 50, geskryf in 1881/82, uitgevoer deur Oleg Kagan (viool), Natalia Gutman (tjello) en Sviatoslav Richter (klavier). Dié opname is gemaak in 1986 in die Pushkin-museum in Moskou.