Myslimkind
Die aankoms van ‘n nuwe baba bring baie verskillende emosies vir ‘n ouer broer of suster wat nie weet hoe om uit te druk nie. Daar kan ‘n gevoel van jaloesie wees of die gevoel dat hulle uitgesluit word, opgewonde oor ‘n idée dat hulle ‘n speel-maaitjie kry, en ‘n gevoel van onsekerheid oor wat die verandering sal bring.
Dit is belangrik om sensitief op te tree teenoor al die verskillende emosies wat jou ouer kind dalk mag ervaar. Alle gevoelens word toegelaat, is geldig en altyd welkom!
Erken (sonder om te oordeel) en praat oor jou kind se gevoelens. Soms net om die ouer broer of suster se gevoelens te erken is genoeg om hulle te laat voel dat jy hulle hoor en verstaan.
Probeer om kreatiewe maniere te kry om jou ouer kind te help om voor te berei vir ‘n broer of suster:
Praat met jou kind oor die situasie
Raak betrokke by hulle innerlike fantasieë en verbeelding, deur vrae te vra oor die baba wat kom. Hoe dink hulle gaan die baba wees? Wat dink hulle gaan die baba dalk doen (huil, skree lag, speel)? Hoe dink hulle gaan die baba lyk? Hoe wil hulle hê moet die baba wees, of wat wil hulle hê moet die baba doen? Jou kind mag dalk dink dat die baba gebore sal word en onmiddellik in staat sal wees om op die swaai saam met hulle te speel, maar mag dalk nie verstaan hoekom babas aanvanklik in die begin net slaap, huil en gevoed word nie!
Oefen om ‘n groot suster/broer te wees deur middel van fantasiespel en help om die dreigende verandering te verwerk.
- Byvoorbeeld, gee ‘n kind ‘n stootwaentjie en ‘n pop en laat hulle die baba stoot in die stootwaentjie
- Laat jou kind boeke lees vir die baba
- Laat jou kind die baba se doek verander, en die baba/pop bad ens.
- Lees boeke oor ‘n nuwe broer of sister. Daar is baie daar buite!
Dit is baie belangrik om altyd ‘n stil en spesiale tyd alleen met die ouer broer of suster(s) te hê. Maak ‘n afspraak met jou kind. Wanneer die baba aan die slaap is, gaan vir ‘n roomys of ‘n stap alleen sonder die baba. Vra jou lewensmaat/kinderoppasster/’n volwasse om die baba vir ‘n halfuur op te pas. Probeer om hierdie tyd konsekwent te hou sodat jou ouer kind weet dat jy hom/haar nog in gedagte hou en ‘n spesiale plek in jou hart vir hulle het.