Lees gerus dié week se uitgawe van Vrouekeur om meer van die uitskopeffek van antidepressante uit te vind.
Is jou depressie besig om te vererger? Dalk is dit omdat jou pille nie meer werk nie. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy dalk ? terugval-episode ervaar.
1) Slaap jy meer as gewoonlik?
2) Sukkel jy meer as gewoonlik om te eet?
3) Ervaar jy herhaaldelike episodes waar dit vir jou voel asof alles te veel is?
4) Word jou denkpatrone deur negatiwiteit en pessimisme beheer?
5) Dink jy aan selfdood?
6) Sukkel jy meer as gewoonlik om normaal te funksioneer en ? roetine te volg?
7) Sien jy die glas as halfleeg, eerder as halfvol?
8) Voel dit vir jou asof jou pille nie meer so goed werk as aan die begin nie?
9) Is jy lusteloos?
10) Sukkel jy om te konsentreer?
11) Ervaar jy ‘n gebrek aan motivering?
12) Is jy voortdurend moeg, met gebrekkige energie?
13) Sukkel jy om te glo dat dinge vir jou kan uitwerk?
14) Drink jy jou medikasie ongereeld?
15) Sukkel jy om uit te reik en te kommunikeer en verkies jy om jouself te isoleer?
<copy>Indien jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is jy dalk besig om ‘n terugvalepisode te ervaar. Dit is tyd om jou toestand te herevalueer. Besoek gerus ‘n psigiater en sielkundige om professionele insette te kry en aanpassings te maak.
<cred>As jy selfdood oorweeg, skakel Sadag tolvry by 0800 567 567