In hierdie huis buite Kleinmond voel mense so tuis dat hulle sommer gou met hul voete op die koffietafel sit
Maryke Roberts
Dawid en Carin Malan woon saam met hul twee staffies, Jake en Pippa, ’n hele trop verskillende voëls en veldmuise op Arabella- landgoed buite Kleinmond. Die Malans geniet die natuur, die wandelpaaie, see, bergfietsroetes en voëlkyk. Hul liefde vir die natuur word duidelik in hul huis weerspieël. Carin glo jou huis is ’n verlengstuk van jou persoonlikheid. Voëls, diere en reis is die tema in bykans al hul bykomstighede soos hul strooikussings, lampskerms, standbeelde en skilderye. Hul dekor raak dus nie oud nie, want dit volg nie die modes slaafs na nie, maar bly getrou aan hul stokperdjies.
Loer in ons 4 April-uitgawe na nog pragfoto’s
SOURCES
Foto’s Jac Kritzinger