Amore Bekker
Vroue is die kern en spil van die gemeenskap. Hulle was nog altyd die gom wat als bymekaarhou en juis daarom is dit vir my hartseer wanneer ek van vroue hoor wat hulself nie na waarde ag nie.
Helen Zille
Ons het ‘n groot houdingsverandering nodig. Mans moet besef dat hulle nie vroue besit nie. Vroue moet besef dat hulle vry is. Hulle moet die belangrikheid van opvoeding besef.
Lindiwe Sisulu
Ek glo die toekoms van ons land is in almal se hande, maar vroue is nog onderverteenwoordig en moet hulself laat hoor.
Donnalee Roberts
Ek sien toenemend dat veral jongvroue met hul selfbeeld sukkel en onseker oor toekomskeuses is. Ek geniet dit om betrokke te wees om hul ingesteldheid na ‘n positiewer een te verander.
Evita Bezuidenhout
Vroue is nie bang om op te staan en saam te praat nie. Ons maak ons stem dik met ‘n glimlag en lipstiffie. Ons het kaalvoet oor die Drakensberg geloop en ons is hier, ten spyte van alles.
Marion Holm
Suid-Afrikaanse vroue is wonderlik. Hulle kan die wa deur die drif trek, die kinders besig hou en ‘n baksel beskuit klaar hê teen sesuur in die oggend. Dit alles terwyl hulle nog hul sin vir humor behou!
Sonja Herholdt
Elke vrou behoort te weet haar lewe is betekenisvol. Sy maak ‘n verskil, want sy is spesiaal. Al is omstandighede hoe moeilik, kan jy opstaan en aangaan.
Lizz Meiring
Ek leef my as individu uit. Alle vroue behoort dit te doen. Ons moet bloot wees wie ons is. Moenie bang wees om ‘n individu te wees nie. Leef voluit, maar doen dit met deernis en verdraagsaamheid.
Rolanda Marais
Ek dink elke vrou het in haar al hierdie verskillende eienskappe: weerloosheid, sensualiteit, hardheid, onsekerheid, selfvertroue en ’n groot hart.