The Glenlivet se stigter, George Smith, het die eerste gelisensieerde distilleerdery in 1824 in Skotland begin.
Maryke Roberts
Dit is die wêreld se grootste enkelmout Skotse whisky per volume en het pas die Nàdurra First Fill, enkelmout whisky in Johannesburg en Kaapstad aan Suid-Afrikaners bekend gestel.
Die geleentheid is by Spasie in Kaapstad gehou en die intieme bekendstelling was in pas met die klein hoeveelhede wat van hierdie premium whisky gemaak word. Die Nàdurra-reeks het sy naam te danke aan die Gaeliese-woord, wat “natuurlik”, beteken. Anders as die meeste moderne whiskies, is dit nie koud-gefiltreer nie en dit bied ‘n kenmerkende smaak.
Daar sal uiteindelik drie whiskies in die nuwe Nàdurra-reeks wees – die Nàdurra First fill, die Nàdurra Oloroso Matured en die Peated Whisky Cask Finish. Elkeen bring hulde aan ‘n spesifieke hout-invloed wat sy stempel op die whisky afdruk, terwyl dit in die vat verouder. Net die Nàdurra First Fill en Oloroso is in Suid-Afrika te koop.
Nashaud Kahn en Peter Pedlar
Die musikant en dosent, en Dizu Plaatjies saam met Cuthbert Ndlovu, handelsmerk ambassadeur vir The Glenlivet
Elana Afrika, wat ook die seremoniemeester vir die geleentheid was, staan by Eugene Lenford, handelsmerkbestuurder The Glenlivet, Suid-Afrika, Sibusiso Shangase, bemarkingshoof Prestige Brands by Pernod Ricard Suid-Afrika en Alexis Rigaud, handelsmerk ambassadeur vir Martell
Daar sal uiteindelik drie whiskies in die nuwe Nàdurra-reeks wees
SOURCES
Clifford Roberts