Oude Molen, een van Suid-Afrika se oudste brandewyndistilleerders, het onlangs sy nuwe bekroonde handgemaakte Cape Brandy, wat ‘n goue medalje by die 2016 Global Spirits Masters-kompetisie gewen het, vrygestel.
Maryke Roberts
Die nuwe Oude Molen XO is elegant en beslis ‘n aanwins vir enige brandewynliefhebber.
Lede van die media en ander gaste is oor middagete onthaal en kon die brandewyn proe, voor ‘n toer van die verouderingskelder buite Grabouw in die Elginvallei onderneem is. Die driegang middagete is gepasmaat met verskillende Oude Molen brandewyne.
Andre Simonis, besturende direkteur van die Oude Molen distilleerdery, het vertel dat hulle steeds hul brandewyn volgens die eeue oue Franse tradisie wat in 1910 deur die Hollands-gebore distilleerder, René Santhagens, aangepas is, maak. Die Oude Molen XO Cape Brandy se verskillende brandewynkomponente is tussen 10 en 16 jaar oud en word verouder in uitgesoekte eikehoutvate. Slegs Colombard, Chenin Blanc en Ugni Blanc druiwe word in die distillering van hul Cape Brandy gebruik.
Oude Molen XO is van einde Julie landwyd beskikbaar.
Big Bertha is een van drie koper potketels waarin die vloeistof gestook word.
Die verouderingskelder vir die XO waar die brandewyne vir 10 tot 16 jaar rus.
Andre Simonis, besturende direkteur van die Oude Molen distilleerdery en Lara Patrick van die versnydingspan.
Eddy Beukes, Oude Molen se distileerderybestuurder.
SOURCES
Clifford Roberts