’n Lospassende mus met vrolike springmielies in verskillende steke
Deur Jessica Haasbroek
Moeilikheidsgraad: **
Benodigdhede
± 300 g Aran-hekeldraad in hoofkleur en kontraskleur(e) Aran-hekeldraad lewer omtrent 200 m / 100 g 4 mm-hekelpen
Afkortings en steekverduidelikings
dies = dieselfde gh = geheime hegsteek (invisible join) glb = gedraaide langbeen gs = glipsteek h/af = heg af kb = kortbeen kb-ks = kortbeen-krapsteek: hekel kortbene in die teenoorgestelde rigting as gewoonlik ks = kettingsteek lb = langbeen rdte = rondte shlb = staande halflangbeen skb = staande kortbeen slb = staande langbeen sp = spasie SS = springmieliesteek: 5 lb in dies st of sp, verwyder hekelpen, steek hekelpen deur eerste van 5 lb, sit werklus terug op hekelpen en trek deur st = steek vlg = volgende
Patroon
Begin met 6 ks, gs in 1ste ks om ring te vorm, hekel rondte 1 in die ring: Met hoofkleur:
Rdte 1: 1 glb, 11 lb, gs in 1ste st om rondte te sluit.
Rdte 2: 1 glb, 1 lb in dies st, (2 lb in vlg st) 11 keer, h/af, sluit rdte met gh. Met kontraskleur, begin met ’n skb in enige st:
Rdte 3: 1 skb, 1 kb, (3 ks, SS, 3 ks, 3 kb) 5 keer, 3 ks, SS, 3 ks, 1 kb, h/af, sluit rdte met gh. Met hoofkleur, begin met ’n slb op die middelste kb in die groepie van 3 van vorige rondte:
Rdte 4: 1 slb, 1 lb, (2 hlb in 3ks-sp, 1 kb bo-op SS, 2 hlb in 3ks-sp, 3 lb) x5, 2 hlb in 3ks-sp, 1 kb op SS, 2 hlb in 3k-sp, 1 lb, gs in 1ste st om rondte te sluit.
Rdte 5: 1 glb, 47 lb, h/af, sluit rdte met gh. Met kontraskleur, begin in die 2de st links van waar jou geheime st gewerk is:
Rdte 6: 1 skb, 1 kb, (3 ks, SS, 3 ks, 3 kb) 11 keer, 3 ks, SS, 3 ks, 1 kb, h/af, sluit rdte met gh. Met hoofkleur, begin op die middelste kb in die groepie van 3 van vorige rondte:
Rdte 7: 1 slb, 1 lb, (2 hlb in 3ks sp, 1 kb boop SS, 2 hlb in 3ks-sp, 3 lb) 11 keer, 2 hlb in 3ks-sp, 1 kb op SS, 2 hlb in 3ks-sp, 1 lb, gs in 1ste st om rondte te sluit.
Rdte 8: 1 glb, 95 lb, h/af, sluit rdte met gh. Met kontraskleur, begin in die 2de st links van waar jou geheime st gewerk is:
Rdte 9: 1 skb, 1 kb, (3 ks, SS, 3 ks, 3 kb) 23 keer, 3 ks, SS, 3 ks, 1 kb, h/af, sluit rdte met gh. Met hoofkleur, begin in ’n 3ks-sp links van ’n SS:
Rdte 10: 1 shlb, hlb2tes met 1ste been in dies 3ks-sp en 2de been in vlg 3ks-sp, 1 hlb in 3ks-sp, 1 kb bo-op SS, (1 hlb in 3ks-sp, hlb2tes met 1ste been in dies 3ks-sp en 2de been in vlg 3ks-sp, 1 hlb in 3ks-sp, 1 kb bo-op SS) 24 keer, gs in eerste st om rondte te sluit.
Rdte 11: 1 glb, 5 lb, lb2tes, (6 lb, lb2tes) 11 keer, h/af, sluit rdte met gh. Met kontraskleur, begin in ’n st net links van die lb2tes van vorige rondte:
Rdte 12: 1 skb, (3 ks, s1so, SS, 3 ks, s1so, 1 kb) 20 keer, 3 ks, s1so, SS, 3 ks, s1so, h/af, sluit rdte met gh. Met hoofkleur, begin in ’n 3ks-sp net links van ’n SS:
Rdte 13: 1 shlb, hlb2tes met 1ste been in dies 3ks-sp en 2de been in vlg 3ks-sp, 1 hlb in 3ks-sp, 1 kb bo-op SS, (1 hlb in 3ks-sp, hlb2tes 1ste been in dies 3ks-sp en 2de been in die vlg 3ks-sp, 1 hlb in 3ks-sp, 1 kb bo-op SS) 20 keer, gs om rondte te sluit.
Rdte 14: 1 glb, 83 lb, h/af, sluit rdte met gh. Met kontraskleur, begin in die steek na die geheime st van vorige rondte.
Rdte 15: 1 skb, (3 ks, s1so, SS, 3 ks, s1so, 1 kb) 20 keer, 3 ks, s1so, SS, 3 ks, s1so, h/af, sluit rdte met gh. Met hoofkleur, begin in ’n 3ks-sp links van ’n SS:
Rdte 16: 1 shlb, hlb2tes met 1ste been in dies 3ks-sp en 2de been in vlg 3ks-sp, 1 hlb in 3ks-sp, 1 kb bo-op SS, (1 hlb in 3ks-sp, hlb2tes met 1ste been dies 3ks-sp en 2de been in vlg 3ks-sp, 1 hlb in 3ks-sp, 1 kb bo-op SS) 20 keer, gs in 1ste st om rondte te sluit.
Rdte 17: 1 glb, 83 lb, h/af, sluit rdte met gh. Herhaal rondtes 15 tot 17 nog 5 keer. Indien jy ’n korter hoed verkies, herhaal rondtes 15-17 slegs 3 keer.
Rand
Met hoofkleur 1ks, 84 kb-ks, h/af, sluit rdte met gh.