Maak muffinjantjies wat ’n honger maag gou sal stil
4 porsies
BESTANDDELE
250 ml (1 k) polenta
250 ml (1 k) koekmeel
20 ml (4 t) suiker
15 ml (1 e) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
2 eiers
250 ml (1 k) melk
4 Weense worsies, in 2,5 cm-stukke gesny
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Meng droë bestanddele.
2 Klits eiers en gooi melk by.
3 Gooi nat bestanddele by droë bestanddele en meng goed. Moenie oormeng nie.
4 Smeer klein muffinpannetjies met botter en skep pannetjie halfvol met deeg.
5 Druk stuk worsie in deeg.
6 Bak vir 20 minute of tot toetspen skoon uitkom. Haal uit en sit louwarm voor.
WENK Sit dit saam met tamatiesous en mosterd voor
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.