Maak ’n heerlike spek-en-kaas-pilaf vir ’n weeksaand
2 porsies
BESTANDDELE
375 ml (1½ k) pastarys
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
200 g (1 pakkie) spek, in stukkies gesny
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) koekmeel
600 ml (21/3 k) melk
500 ml (2 k) cheddar, gerasper
80 ml (1/3 k) parmesaan, gerasper
10 ml (2 t) pietersielie
sout en peper
125 ml (½ k) cheddar, gerasper
30 ml (2 e) broodkrummels
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Kook pastarys in baie water tot net gaar.
2 Verhit bietjie olie en braai ui en knoffel tot sag.
3 Gooi spek by en braai tot gaar.
4 In aparte pot, smelt botter en gooi koekmeel by. Roer melk stadig by sodat klonte nie vorm nie.
5 Laat witsous vir ’n minuut kook. Draai plaat af en gooi kase, pietersielie en uiemengsel in.
6 Roer rys deur en geur met sout en peper.
7 Gooi in oondbak en sprinkel 125 ml kaas en broodkrummels bo-oor.
8 Bak vir 20 minute of tot goudbruin.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.