Met maalvleis kan mens so baie doen – probeer hierdie maklike maalvleispastei
2 porsies
BESTANDDELE
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
5 ml (1 t) rooivleisspeserye
300 g maalvleis
15 ml (1 e) gemengde kruie
30 ml (2 e) broodkrummels
1 eier
100 g (½ pak) jong spinasie
60 g (¼ pakkie) sampioene, gekap
2 velle witkaas
200 g (½ rol) skilferkorsdeeg
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Meng uie, knoffel, speserye, maalvleis, kruie, broodkrummels en eier saam tot stywe mengsel vorm.
2 Verdeel mengsel in twee dele. Druk elke deel effe platter tot omtrent grootte van jou hand.
3 Pak spinasieblare, sampioene en kaas bo-op vleis.
4 Bring punte van vleis bymekaar en druk vas tot die vorm van groot amandel.
5 Sny skilferkors in 1 cm-repe en vleg dit soos latwerk.
6 Draai deeg om vleisrol, smeer met bietjie melk en sit op bakplaat.
7 Bak vir 30–40 minute of tot vleis en deeg gaar is.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.