Ons tweede aanlyn uitgawe is uit nuwe sowel as argiefmateriaal saamgestel.
Daar is resepte, verhale, artikels, drie patrone uit ons hekel- en breiboeke en ons breighoeroe, Christa Swanepoel, gee patrone vir blokke wat jy uit oorskietbreidraad kan brei.
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.