As jy eers die slag met hierdie patroon het, is dit kinderspeletjies en jy kan aanhou tot dit groot genoeg is vir jou
GROOTTE
Voorbeeld is 100 cm x 100 cm
WAT HET JY NODIG?
3 balle ELLE COLOUR CRUSH (200 g) in Blue Us Away (554) 4 mm-naalde
WENKE
Die kombersie word in reksteek gebrei.
Jy kan enige dikte breidraad gebruik, pas net jou naaldgrootte aan.
Jy kan jou oorskietbreidraad gebruik. Las soos jy aangaan.
Mens kry baie mooi geskakeerde breidraad, wat die kombersie interessant maak.
Gebruik pastelkleure vir ’n babakombersie.
Hou aan brei tot die kombers die gewenste grootte is.
BREI-INLIGTING
Die lekkerte is dat jy agterna niks hoef vas te werk nie, want die bane word geheg soos jy aangaan.
As in die patroon na ’n rif verwys word, is dit twee regs-rye.
Elke twee regsrye is so breed soos een steek, daarom is 10 riwwe of 20 rye net so breed soos 10 steke.
Glip die eerste steek van elke ry.
Die hoeke word gebrei deur kort rye te brei. Daar word daarna verwys as omslag1. Doen dit soos volg: Brei tot spesifieke hoeveelheid steke, bring breidraad tussen naalde deur na voor, glip die volgende steek aweregsgewys, vat breidraad terug na agter, plaas die geglipte steek terug op die linkerkantste naald, bring breidraad na voor en draai die werk.
AANWYSINGS
Lees brei-inligting goed deur voor jy begin. Dis nie so moeilik soos dit lyk nie.
EERSTE VIERKANT (A)
Stel 10 ste op en en brei 9 riwwe (18 rye). (Die opstelry tel as 1 ry, daarom nie 20 rye nie.)
DUBBELE HOEK (B)
(bestaan uit 4 stappe)
Stap 1
Rif 1: r9, omslag1, r9.
Rif 2: r8, omslag1, r8.
Rif 3: r7, omslag1, r7.
Rif 4: r6, omslag1, r6.
Rif 5: r5, omslag1, r5.
Rif 6: r4, omslag1, r4.
Rif 7: r3, omslag1, r3.
Rif 8: r2, omslag1, r2.
Rif 9: r1, omslag1, r1. (Moenie eerste steek op 9de rif glip nie)
Stap 2
Rif 1: r2, omslag1, r2.
Rif 2: r3, omslag1, r3.
Rif 3: r4, omslag1, r4.
Rif 4: r5, omslag1, r5.
Rif 5: r6, omslag1, r6.
Rif 6: r7, omslag1, r7.
Rif 7: r8, omslag1, r8.
Rif 8: r9, omslag1, r9.
Rif 9: r10, omslag1, r10. (Vierkant met skuinsstreep is nou bo-op jou oorspronklike vierkant voltooi)
Stap 3
Rif 1: r9, omslag1, r9.
Rif 2: r8, omslag1, r8.
Rif 3: r7, omslag1, r7.
Rif 4: r6, omslag1, r6.
Rif 5: r5, omslag1, r5.
Rif 6: r4, omslag1, r4.
Rif 7: r3, omslag1, r3.
Rif 8: r2, omslag1, r2.
Rif 9: r1, omslag1, r1.
Stap 4
Rif 1: r2, omslag1, r2.
Rif 2: r3, omslag1, r3.
Rif 3: r4, omslag1, r4.
Rif 4: r5, omslag1, r5.
Rif 5: r6, omslag1, r6.
Rif 6: r7, omslag1, r7.
Rif 7: r8, omslag1, r8.
Rif 8: r9, omslag1, r9. (Nog ’n vierkant met skuinsstreep na ander kant is nou langs ander vierkant voltooi)
TWEEDE BAAN (C)
Nou gaan jy tweede baan begin deur 10 riwwe (20 rye) teen die kant van jou oorspronklike vierkant af te brei. Doen die las só: r tot laaste van 10 ste, glip 1 st regsgewys, bring breidraad na voor asof jy aw brei, tel op en r 1 st in eerste ry van vierkant, trek die glipsteek en die draad wat om naald is saam oor, draai, glip eerste st van ry aweregsgewys terwyl jy draad voor hou. Dit is om mooi rif op las aan regterkant te maak. Jy kan tussen die twee riffies of in riffie las, solank jy 20 rye oor die sy ingepas kry. As jy die 20 rye klaar gebrei en gelas het, is jy weer gelyk met opstelrand van oorspronklike vierkant.
ENKELHOEK (D)
(bestaan uit 2 stappe) Herhaal stap 1 en stap 4 van dubbelhoek.
GAAN SOOS VOLG VOORT
Werk volgende baan se 10 riwwe oor opstelrand en herhaal enkelhoek aan einde op die hoek. Gaan nou voort deur lasry in elke ry van vorige baan te brei en enkelhoeke op die hoeke te maak. Dis nie nodig om so streng te tel nie. Hou aan tot verlangde grootte.
LAASTE RIF
Brei rifrye tot by hoek, eindig aan buitekant. Heg af na kombers se kant toe en heg laaste steek soos tevore aan vorige baan.
Met erkenning aan Frankie Brown wat die patroon ontwerp het Tik “ten stitch blanket” in soekenjin in vir video-aanwysings
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …