Skurwejantjies is een van Suid-Afrika se gewildste koekies – ons het almal daarmee grootgeword. Bak dit weer ’n slag
Hawermoutkoekies
20 koekies
BESTANDDELE
180 ml (175 g) botter
15 ml (1 e) gouestroop
180 ml (150 g) suiker
5ml (1 t) koeksoda
500 ml (190 g) hawermout
250 ml (100 g) klapper
250 ml (105 g) koekmeel
1,25 ml (¼ t) sout
METODE
Voorverhit oond tot 180 °C en berei bakplaat van 22 cm x 33 cm voor deur dit met kleefwerende sproei te spuit.
1 Smelt botter, stroop en suiker. Gooi koeksoda by sodra dit begin kook en meng goed. Verwyder van hitte.
2 Meng hawermout, klapper, meel en sout.
3 Gooi bottermengsel by hawermoutmengsel en roer tot growwe krummels vorm.
4 Skep beslag in bakplaat en druk plat.
5 Bak vir 15 minute by 180 °C en dan vir verdere 10 minute by 160 °C tot goudbruin en gaar.
6 Sny in netjiese blokke terwyl nog warm en laat afkoel. Bêre in lugdigte houer.
Mareli Visser is die wenner van Koekedoor 1,’n realiteitsprogram op KykNET. Sy is ook die skrywer van “UITGERYS” ‘n Afrikaanse resepteboek wat spesialiseer in brood. Sy is die aanbieder van haar eie bakprogram op VIA TV – Die Koektannie. En daarby saam sorg sy ook elke week vir heerlike gebak in Vrouekeur.