Maak ontbyt ’n fees met ‘n quinoa-avokado-ontbytbakkie
4 porsies
BESTANDDELE
500 ml (2 k) quinoa
1 ℓ (4 k) groente-aftreksel
300 g (1 pakkie) ontbytworsies
4 eiers, geposjeer
2 avokado’s, in skyfies gesny
2 sirkels fetakaas
METODE
1 Kook quinoa in aftreksel tot gaar.
2 Sny ontbytworsies in stukkies en braai tot goudbruin.
3 Posjeer eiers in kookwater met bietjie asyn en sout daarin tot sag.
4 Skep quinoa in bakkie, gevolg deur worsies, eier en avokado. Sprinkel met fetakaas. Sit dadelik voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.