Maak sommer vinnig ’n badmat met interessante kruissteekpatrone
Moeilikheidsgraad: **
Benodigdhede
Elle Cotton On Seriously Chunky 100% katoen (100 g-balle): 3 balle elk White en Iced Blue en 2 balle elk Grey, Pink en Iced Pink 5 mm-hekelpen Naald met groot oog
Grootte
Ongeveer 70 cm x 90 cm
Afkortings en steekverduidelikings
beg = begin, dies = dieselfde, dr = draai, dsl = dubbelslagsteek, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, hlb = halflangbeen, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, RK = regte kant, sp = spasie, st = steek, tes = tesame, VK = verkeerde kant, vlg = volgende
Dubbelslagsteek:
1 Slaan die draad twee keer om pen.
2 Steek pen in aangeduide steek, slaan draad oor pen en trek ’n lus deur.
3 Slaan draad oor pen en trek deur twee lusse op pen.
4 Herhaal stap 3 nog drie keer.
Patroon
Met Iced Blue en 5 mm-pen, hekel 85 ks.
1ste ry (RK): 1 kb in 2de ks vanaf pen en in elke ks tot einde, dr = 84 kb.
2de ry (VK): 3 ks (= 1ste lb), 1 lb in elke kb tot einde, dr.
3de ry (RK): 1 ks, 1 kb in elke st tot einde, dr. H/af.
4de ry (VK): met Grey; soos 3de ry, dr.
5de ry: (RK): 3 ks (= 1ste lb), 1 lb in vlg kb, *slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg 3 kb, 1 lb in kb wat oorgeslaan is; herh van * tot einde, eindig met 1 lb in laaste 2 kb, dr.
6de–9de ry: herhaal ry 4–5 twee keer.
10de ry (VK): soos 3de ry, dr. H/af.
11de–12de ry: met Iced Blue; soos 3de ry. H/af.
13de ry (RK): met White; soos 3de ry.
14de ry (VK): 3 ks (=1 ste lb), *slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, 1 lb in kb wat oorgeslaan is; herh van * tot einde, eindig met 1 lb in laaste kb, dr.
15de ry (RK): 3 ks (=1 ste lb), *slaan 1 lb oor, 1 lb in vlg lb, 1 lb in lb wat oorgeslaan is; herh van * tot einde, eindig met 1 lb in laaste lb, dr. H/af.
16de–17de ry: met Iced Blue; soos rye 11-12.
18de–19de ry: met White; soos rye 14-15.
20ste–21ste ry: met Iced Blue; soos 3de ry.
22ste–23ste ry: met White; soos rye 14-15.
24ste ry (VK): soos 3de ry.
25ste ry (RK): met Iced Blue, soos 3de ry.
26ste ry (VK): met Iced Pink; soos 3de ry.
27ste ry (RK): 3 ks, *slaan 1 kb oor, 1 lb in vlg kb, 1 lb in kb wat oorgeslaan is, 1 lb in vlg 2 kb; herh van * tot einde, eindig met 1 lb in laaste kb, dr.
28ste ry (VK): soos 3de ry.
29ste ry (RK): 4 ks (= 1 lb + 1 ks), slaan 1 lb oor, *1 lb in vlg 2 lb, 1 ks, slaan 1 lb oor; herh van * tot einde, eindig met 1 lb in laaste lb, dr.
30ste ry (VK): 1 ks, 1 kb in elke kb en in elke ks tot einde, dr.
31ste–32ste ry: met White; soos 3de ry.
32ste ry (RK): met Pink; soos 5de ry.
33ste–36ste ry: herhaal ry 4-5 twee keer. H/af.
37ste–38ste ry: met White, soos 3de ry.
39ste ry (VK): met Iced Pink; soos 3de ry.
40ste ry (RK): soos 29ste ry.
41ste ry (VK): soos 30ste ry.
42ste ry (RK): soos 27ste ry.
43ste ry (VK): soos 3de ry.
44ste ry (RK): met Iced Blue; soos 3de ry.
45ste ry (VK): met White; soos 3de ry.
46ste–47ste ry: soos 14-15de ry.
48ste–49ste ry: met Iced Blue; soos ry 3.
50ste–51ste ry: met White; soos rye 14–15.
52ste–53ste ry: met Iced Blue; soos 3de ry.
54ste–55ste ry: met White; soos rye 14-15.
56ste ry (RK): met Iced Blue; soos 3de ry.
57ste–63ste ry: met Grey; herhaal 4de–10de ry.
64ste ry (RK): met Iced Blue; soos 3de ry.
65ste ry (VK): 3 ks (= 1ste lb), 1 lb in elke kb tot einde, dr.
66ste ry (RK): soos 3de ry.
67ste ry (VK): 1 ks, 1 kb in dies st, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 lb in vlg 2 kb, 2 dsl in vlg 2 kb, 1 lb in vlg 2 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg kb, *1 kb in vlg kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 lb in vlg 2 kb, 2 dsl in vlg 2 kb, 1 lb in vlg 2 kb, 1 hlb in vlg 2 kb, 1 kb in vlg kb; herh van * tot einde, dr. H/af.
68ste ry (RK): met Iced Pink; 3 ks (=1ste lb), 1 lb in vlg 5 ste, 2 dsl in vlg 2 ste, 1 lb in vlg 4 ste; (2 lb tes oor vlg 2 ste) 2 keer, *1 lb in vlg 4 ste, 2 dsl in vlg 2 ste, 1 lb in vlg 4 ste; (2 lb tes oor vlg 2 ste) 2 keer; herh van * tot einde, eindig met 2 lb tes oor laaste 2 ste, dr. H/af.
69ste ry (VK): met White; 1 ks, slaan 1 kb oor, 1 kb in vlg 6 ste, 3 ks, 1 kb in vlg 6 ste, 2 kb tes oor vlg 2 ste, *1 kb in vlg 6 ste, 3 ks, 1 kb in vlg 6 ste, 2 kb tes oor vlg 2 ste; herh van * tot einde; eindig met 2 kb tes oor laaste 2 ste, dr. H/af.
70ste ry (RK): met Pink; 3 ks (= 1ste lb); 1 lb in vlg 5 kb, (1 lb, 3 ks, 1 lb) in vlg 3 ks-sp, 1 lb in vlg 5 kb, 3 lb tes oor vlg 3 kb, *1 lb in vlg 5 kb, (1 lb, 3 ks, 1 lb) in vlg 3 ks-sp, 1 lb in vlg 5 kb, 3 lb tes oor vlg 3 kb; her van * tot einde, eindig met 2 lb tes in laaste 2 ste. H/af. Heg aan die ander sy van die mat met Iced Blue en herhaal 67ste–70ste rye.
Afwerking
Knoop White en Pink tossels in 3 ks-sps van 70ste ry aan elke kort sy van die mat.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.