Beïndruk jou mense wanneer jy hierdie indrukwekkende salm-pannekoek-koek voorsit
Salm-pannekoek-koek
8 porsies
BESTANDDELE
12 pannekoeke
bietjie melk
230 g (1 bakkie) salmgegeurde roomkaas
paar takkies vars dille
100 (1 pakkie) gerookte salmlinte
3 eiers
METODE
1 Sit pannekoek op opdienbord.
2 Meng bietjie melk met roomkaas en smeer op eerste pannekoek. Sprinkel paar takkies dille bo-op.
3 Sit nog ’n pannekoek bo-op. Pak paar velle salm daarop. Sit nog ’n pannekoek bo-op.
4 Herhaal proses tot bestanddele klaar is.
5 Posjeer eiers in water met bietjie asyn en sout in.
6 Bedien eiers bo-op koek en garneer met dille.
WENKE Ek het kleiner pannekoeke gebak en individuele porsies gemaak
Drup ’n paar druppels suurlemoensap bo-oor
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.