Behalwe dat dit jou tee warm hou, is dit ook oulike geskenke. Begin sommer nou brei
Moeilikheidsgraad: **
WAT HET JY NODIG?
Gebruik kleure van jou keuse Vir projek is kleure soos volg gebruik: 1 Teemus dwars gebrei Elle Pure Gold DK in Lily (wit), Caviar (swart) en Stonewash (grys) 2 Fraai met valletjies Elle Pure Gold DK in Lily (wit), Caviar (swart) en Stonewash (grys) 3 Kat Elle Mischief in Nantucket Klein stukkie wit en swart vir gesig 4 mm-naalde vir DK-breidraad 6 mm-naalde vir Mischief
AFKORTINGS
aw – aweregs aw2tes – aweregs 2 ste tesame don – draad om naald r –regs r2tes – regs 2 ste tesame rVa – regs voor en agter in dieselfde steek
AANWYSINGS
Teemus dwars gebrei
Meet jou teepot van onder af tot hoogste punt, bv 15 cm. DK-breidraad = 22 ste oor 10 cm. Getal steke is hoogte van teepot: 15 cm ÷ 10 x 22 = 33 ste. Tel sowat 12 ste by vir deel wat bo teepot uitsteek = 45 ste.
Maak twee helftes
Met swart stel 45 ste op en werk 2 rye in rs.
*Vlg ry: r.
Vlg ry: aw tot 12 ste voor einde, don, aw2tes, aw tot einde.
Vlg ry: r.
Vlg ry: aw.* Met swart werk 2 rye in rs. Met grys herh van * tot *. Met swart werk 2 rye in rs. Met wit herh van * tot *. Met swart werk 2 rye in rs. Gaan so voort tot werk van tuit tot oor oor een helfte van teepot pas, eindig met 2 swart rye. Heg af. Voltooi tweede helfte.
OM TE VOLTOOI
Met regte kante opmekaar, werk onder en bo tuit en oor onderskeidelik toe. Hekel koord met kleur van jou keuse en kb, ryg deur gaatjies aan bokant en bind vas.
Fraai met valletjies
Die getal steke pas gemiddelde teepot. Patroon pas oor veelvoud van 10 plus 2 ste.
Maak twee helftes
Met swart stel 122 ste op. 1ste ry: met wit *aw2, r8, herh van * tot laaste 2 ste, aw2.
2de ry: r2, *aw8, r2, herh van * tot einde.
3de ry: *aw2, r2tes, r4, r2tes, herh avn * tot laaste 2 ste, aw2.
4de ry: r2, *aw6, r2, herh van * tot einde.
5de ry: *aw2, r2tes, r2, r2tes, herh van * tot laaste 2 ste, aw2.
6de ry: r2, *aw4, r2, herh van * tot einde.
7de ry: *aw2, aw2tes, aw2tes, herh van * tot laaste 2 ste, aw2.
8ste ry: r2, *aw2, r2, herh van * tot einde.
9de ry: *aw2, aw2tes, herh van * tot laaste 2 ste, aw2.
10de ry: r2, *aw1, r2, herh van * tot einde.
11de ry: *aw1, aw2tes (1 st is aw en 1 st is r), herh van * tot laaste 2 ste, aw2.
12de ry: r.
13de ry: met swart *r2, stel 8 ste op, herh van * tot einde, r2. 122 ste. Met grys, herh ry 2 tot 12. Met swart herh 13de ry. Met wit, herh ry 2 tot 12. Met swart herh 13de ry. Gaan so voort tot hoog genoeg vir jou teepot, eindig met 12de ry. Breek draad af, ryg deur oorbl ste, trek styf en werk vas. Voltooi tweede helfte.
OM TE VOLTOOI
Met regte kante opmekaar werk bo en onder tuit en oor onderskeidelik toe.
Kat
Meet teepot van oor tot tuit oor breedste deel, bv 20 cm. Mischief = 13 ste oor 10 cm. 20 ÷ 10 x 13 = 26 ste. Stel 26 ste op en werk in ks tot ongeveer 5 cm langer as hoogte van teepot. Heg af. Voltooi tweede helfte.
Stert
Stel 12 ste op en werk in ks tot dit van middel agter tot amper in middel voor pas, eindig met VK-ry.
Vlg ry: (r2tes, r2) 3 keer. 9 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: (r2tes, r1) 3 keer. 6 ste.
Vlg ry: aw. Heg af.
Gesig
Met wit stel 12 ste op. Werk 4 rye in ks.
Vlg ry: rVa, r tot laaste st, rVa. Werk 3 rye in ks. Herh laaste 2 rye nog twee keer. 18 ste. Werk 6 rye in ks.
Vlg ry: r2tes tot laaste 2 ste, r2tes,
Vlg ry: aw2tes, aw tot laaste 2 ste, aw2tes. Herh laaste 2 rye tot 8 ste. Heg af.
OM TE VOLTOOI
Werk gesiggie op een helfte vas. Met regte kante opmekaar werk bo en onder tuit en oor onderskeidelik toe. Werk bo toe. Met stuk breidraad trek werk van middel bo af in tot by wit deel om ore te vorm. Werk stewig vas. Werk oë, neus en snorbaarde met swart op. Werk stert in middel agter vas en dan al om rand tot voor.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …