Ek het deur die jare baie oorskietwol opgegaar. Hierdie deken is met al wat kleur is gebrei
BREI-INLIGTING
Ek het 6 mm-naalde gebruik en óf Chunky-breidraad óf 2 drade DKbreidraad saam.
Die twee drade DK hoef nie dieselfde kleur te wees nie.
Moenie die strepe of kleure probeer beplan nie. Hoe bonter hoe beter.
GROOTTE
Drie stroke van 60 cm x 170 cm is aanmekaargewerk. Dit pas op die bokant van ’n koningin-grootte bed of hang weerskante van ’n enkelbed af.
AANWYSINGS
Vir een strook
Stel 84 ste op en brei deurgaans regs. Wissel een draad Chunky en twee DKbreidrade af in kleure en strepe soos verkies tot verlangde lengte. Herhaal vir nog twee stroke.
OM TE VOLTOOI
Werk rafels weg en werk stroke aanmekaar.
WENK
Daar is nou ekstralang breinaalde te kry met balletjies op die punt. Jy kan hiermee breë stroke brei. Moet dit egter liefs nie te breed maak as jy lang stroke brei nie, want dan word dit te swaar om te hanteer.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …