Wie sê jou trui se knope moet voor wees?
Gebrei deur Hester Jacobs
Model Lezinka Meyer van Ice Models
WAT HET JY NODIG?
Kartopu Bambu Sakura (100 g) 2 balle wit K010 (A) 1 bal elk ligblou K540 (B) en turkoois K520 (C) 3,25 mm-sirkelnaalde 3,25 mm- reguit naalde 4 mm-sirkelnaalde Haakspelde Steekhouers 5 knope
AFKORTINGS
aw – aweregs gl1 – glip 1 steek gm – glip merker net oor op regterkantste naald pm – plaas merker r –regs r1o – regs in die volgende steek een ry ondertoe r2tes – regs 2 steke tesame tgso – trek glipsteek oor
PATROONSTEEK
Oor veelvoud van 4 plus 1 1ste ry: met B (r3, met draad na agter r1o) tot laaste st, r1. 2de ry: aw (aw geglipte ste met draad na voor) 3de ry: met C r1, (r1o, r3) tot einde. 4de ry: aw. Herh 1ste tot 4de ry met onderskeidelik A, B en C.
SPANNING
22 ste x 28 rye = 10 cm oor ks met 4 mm naalde
GROOTTE
Pas klein(medium)
BREI-INLIGTING
Die merker kan enigiets wees om jou plek op die breiwerk te hou. ’n Mens kry verskillende merkers te koop, maar jy kan ook ’n stukkie teenstellende breidraad om die naald knoop. As jy by die merker kom, glip jy dit net oor op die regterkantste naald. Die top word aaneen van onder af gebrei. Verminder soos volg vir lyfgedeelte slegs in RK-rye: r tot 2 ste voor merker, r2tes, glip merker oor, gl1, r1, tgso (2 ste verminder) Maak knoopsgate soos volg in band: Knoopsgatry: r3, heg 2 ste af, r2. Vlg ry: r2, stel 2 ste op, r3.
AANWYSINGS
Met A en 3,25 mm-naalde stel 231 ste op en werk 3 rye in rs. Vlg ry: r tot laaste 7 ste, draai en glip 7 ste op steekhouer. Vlg ry: met B en 4 mm-naalde begin met patroonst tot laaste 7 ste, draai, laat laaste 7 ste op steekhouer. Gaan voort oor 217 ste met patroonsteek tot werk sowat 30 cm lank is, eindig met VK ry. (Gaan voort met kleurstrepe soos volg: *10 rye A, 2 rye C, 10 rye A, 2 rye B, en herh van * deurgaans tot aan einde van werk.) Vlg ry: met A, r51, r2tes, pm, gl1, r1 tgso, r107, r2tes, pm, gl1, r1, tgso, r tot einde (4 steke verminder). 213 ste. Vlg ry: aw. Vlg ry: r tot 2 ste voor merker, r2tes, gm, gl1, r1, tgso, r tot 2 ste voor vlg merker, r2tes, gm, gl1, r1, tgso, r tot einde. 209 ste. Gaan voort met A en kleurstrepe en vmin 4 steke soos tevore telkens in 1ste wit ry ná volgende 3 kleurstrepe tot 197 ste. Gaan voort met pat sonder om te vorm tot werk 46 cm lank is van begin af, eindig met RK-ry. Gaan voort in aw soos tevore tot 12 ste voor merker, werk vlg 24 ste regs (12 ste weersk van merker), gaan voort in aw tot 12 ste voor vlg merker, werk vlg 24 ste regs, aw tot einde. Vlg ry: *r tot by rs-rif, r3 van rifsteke, heg middelste 18 ste af, r3 van rifsteke*, herh van * tot * en r tot einde. Voltooi nou voorpant en twee agterpante afsonderlik.
VOORPANT
83 ste Plaas 3 reksteke weersk op haakspelde, gaan voort oor 77 ste in ks en kleurstrepe, TERSELFDERTYD, vmin 1 st aan weersk in 1ste RK-ry. Herh vmin elke RK-ry tot 63 ste, eindig met VK-ry. Vlg ry: r22, glip vlg 19 ste op steekhouer vir hals en r tot einde. Voltooi nou skouers afsonderlik. Gaan voort in ks en kleurstrepe, vmin slegs aan halsrand se kant aan beg van elke ry soos volg: 2 ste 2 keer en 1 st 3 keer. 15 ste op elke skouer. Gaan voort tot werk 68 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
LINKERAGTERPANT
39 ste Plaas 3 randsteke by mousgat op haakspeld, gaan voort oor 36 ste en vmin 1 st in elke RK-ry slegs aan mousgat se kant tot 29 ste. Gaan voort tot werk 62 cm lank is, eindig met VK-ry. Vlg ry: gl 10 ste op steekhouer vir hals. 19 ste. Vmin slegs aan halsrand se kant aan beg van elke ry soos volg: 2 ste 1 keer en 1 st 2 keer. 15 ste. Gaan voort tot werk 68 cm lank is, eindig met VK-ry. Heg af.
REGTERAGTERPANT
Voltooi soos linkeragterpant, maar spieëlbeeld daarvan.
NEKRAND
Werk skouernate toe. Tel op en r sowat 90 tot 110 ste rondom halsrand. 1ste ry (VK-ry): r. 2de ry: r. 3de ry: r. Heg af.
MOUSGATRANDJIES
(dieselfde) Gl 3 ste op 3,25 mm-naald en werk in rs tot dit oor mousgatrand tot op skouernaat pas as dit effens gestrek word. Met regte kante opmekaar, werk aan mousgatrand vas. Werk twee kort puntjies aanmekaar.
BAND LINKS AGTER
Gl 7 ste op 3,25 mm-naald en werk in rs tot dit oor linkeragterpant pas as dit effens gestrek word. Heg af. Met regte kante opmekaar, werk rand aan agterpant vas. Merk plek vir knope, eerste knoop sowat 2 cm van bo af en onderste knoop 2 cm bo patroonsteek, met 3 knope tussenin.
BAND REGS AGTER
Gl 7 ste op 3,25 mm-naalde en werk in rs tot regoor eerste merker vir knoop, maak knoopsgat soos bo verduidelik. Herhaal vir ander knope en heg af as band so lank is soos linkerband. Heg af. Met regte kante opmekaar, werk rand aan agterpant vas.
OM TE VOLTOOI
Werk knope aan. Lê plat neer, bedek met klam lap en laat om droog te word. Sien verpakkingsmateriaal vir versorgingsinstruksies.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …