Met Andong-hoender voel dit of die Ooste jou tafel bereik het
4 porsies
Bestanddele
2 uie, in kwarte gesny
10 ml (2 t) fyn knoffel
10 ml (2 t) vars gemmer, fyngekap
3 wortels, geskil en in ringetjies gesny
1 ontbeende hoender, in 4 cm blokke gesny
125 ml (½ k) sojasous
7,5 ml (½ e) vissous
15 ml (1 e) brandrissievlokkies
30 ml (2 e) suiker
1 ℓ (4 k) water
250 g glasnoedels
2–3 sprietuie, in 1 cm-stukke gesny
Metode
1 Braai uie, knoffel en gemmer tot sag.
2 Gooi alles behalwe noedels en sprietuie by.
3 Laat kook tot hoender gaar is. Gooi noedels en sprietuie by.
4 Laat verder stowe tot noedels sag is.
WENKE
Jy kan self besluit hoeveel brandrissie om in te sit.
Sit dit saam met rys voor.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.