Hoenderrepies met uie-en-kaas-doopsous kan dalk jou nuwe gunsteling word!
Foto’s Andrea Caldwell
4 porsies
Bestanddele
4 hoenderborsies
sout en peper
125 ml (½ k) koekmeel
5 ml (1 t) paprika
2 eiers
125 ml (½ k) melk
250 ml (1 k) growwe broodkrummels
olie om in te braai
DOOPSOUS
2 groot uie, in halfmaanringe gesny
5 ml (1 t) fyn knoffel
2 ,5 ml (½ t) suiker
paar druppels brandrissiesous (opsioneel)
1 tiemietakkie
30 ml (2 e) witwyn
125 ml (½ k) suurroom
125 ml (½ k) mayonnaise
250 ml (1 k) sterk witkaas
sout en peper
Metode
1 Sny hoenderborsies in lang repe. Geur met sout en peper.
2 Meng koekmeel en paprika. Rol hoender daarin.
3 Klits eiers en melk saam en rol hoender daarin.
4 Rol hoender laastens in broodkrummels en braai in vlak olie tot gaar.
5 Doopsous Braai ui in bietjie botter tot sag en net begin verbruin.
6 Roer geurmiddels en wyn by. Laat kook tot wyn verdamp.
7 Skakel hitte af en roer suurroom, mayonnaise en kaas by en laat smelt. Geur met sout en peper.
8 Gooi in oondbak en bak vir 15 minute of tot net bruin en borrelend.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.