Selfs vleiseters sal van hierdie vegetariese sampioen-gort-risotto hou!
4 porsies
Bestanddele
30 ml (2 e) botter
500 ml (2 k) gort
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
250 g (1 pakkie) knopiesampioene, gekap
250 g (1 pakkie) portabellinisampioene, gekap
2 ℓ (8 k) hoenderaftreksel
30 ml (2 e) varsgekapte pietersielie
80 ml (1/3 k) parmesaankaas, gerasper
Metode
1 Smelt botter en braai gort daarin tot neutkleurig en skep uit.
2 Braai uie en knoffel in dieselfde pot tot sag. Roer gort terug.
3 Braai sampioene by gortmengsel tot sag.
4 Roer aftreksel stadig by en hou aan roer tot dit verdamp.
5 Hou so aan tot gort gaar en dik is.
6 Roer pietersielie en parmesaankaas deur.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.