Omelette bly bo! Probeer hierdie een met boontjies en chorizo
4 porsies
Bestanddele
1 ui, gekap
5 ml (1 t) fyn knoffel
200 g (1 pakkie) chorizo-worsies, gesny
5 ml (1 t) fyn koljander
5 ml (1 t) fyn komyn
knypie paprika
60 ml (¼ k) soetrissiesous
410 g (1 blik) boontjies in tamatiesous
4 klaar omelette
handvol wilde roketblare
bietjie slaaisous
Metode
1 Braai ui en knoffel in bietjie olie tot sag.
2 Roer chorizo en geurmiddels by en braai effe tot geure loskom.
3 Gooi blikkie boontjies by en bring tot kookpunt.
4 Skep vulsel in omelet.
5 Meng roketblare met bietjie slaaisous en bedien saam met omelet.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.