Sardyne is gesond en hierdie tert sal in vele smake val
6 porsies
Bestanddele
6 velle fillodeeg
60 ml (4 e) botter, gesmelt
VULSEL
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars gekapte knoffel
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
14 calamata-olywe, ontpit en gehalveer
240 g (2 x 120 g-blikke) sardyne in olie
15 ml (1 e) suurlemoensap
knypie sout
knypie swartpeper
250 ml (1 k) mozzarella, gerasper
3 ekstragroot eiers
45 ml (3 e) soetrissiesous
250 ml (1 k) room
125 ml (½ k) melk
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Vou fillodeegvelle oop en verf met botter.
- Spuit oondbak van 18 cm x 24 cm met kossproei. Voer met fillodeegvelle uit sodat punte oor kante van bak hang.
- Vulsel Verhit olie en soteer ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is. Verwyder van hitte.
- Dreineer sardyne, verwyder grate en halveer. Plaas sardyne en olywe op bodem van fillodeegkors en sprinkel uie bo-oor.
- Geur met sout en swartpeper. Sprinkel kaas bo-oor.
- Klits eiers goed. Klits soet rissiesous en room goed by.
- Gooi stadig oor bestanddele in fillodeegkors.
- Bak vir 50 minute of tot net gestol in middel. Sit warm voor.