Hekel ’n retro-kniekombers met die hoek-tot-hoek-tegniek
Moeilikheidsgraad: **
Benodigdhede
MoYa 100% katoen DK (50 g-balle): 4 balle White, 4 balle elk Grapefruit en Aquamarine, 2 balle elk Kiwi en Blue Suede 3,5 mm-hekelpen Naald vir drade wegwerk
Grootte
Grootte van blok: 15 cm Grootte van kombers: 120 cm x 120 cm
Afkortings
beg = begin, dr = draai, gs = glipsteek, h/af = heg af, herh = herhaal, kb = kortbeen, ks = kettingsteek, lb = langbeen, st = steek, vlg = volgende Patroon Die kombers bestaan uit 64 blokke wat volgens die diagram gerangskik word. Elke blok word dieselfde gehekel en net geroteer om die patroon te vorm. Hekel die rye volgens die blokdiagram.
Bloktegniek
(met erkenning aan www.makeanddocrew.com)
Blokvermeerdering (Ry 1-10) Stap 1: hekel 6 ks. Stap 2: 1 lb in 4de ks vanaf pen. Stap 3: 1 lb in vlg 2 ks. Stap 4: draai werk om, 6 ks. Stap 5: 1 lb in 4de ks vanaf pen en in vlg 2 ks. Stap 6: gs in 3 dr-ks van vorige blok om te heg. Stap 7: 3 ks. Stap 8: 3 lb in dr-ks. Stap 9: herh stap 4–8. Vir ry 3 gaan stap 7–8 twee keer herhaal word, vir ry 4, drie keer ens. Heg net elke keer met gs in 3 dr-ks van vlg blok.
Hoe om nuwe kleur te heg
Met vermeerdering: Moenie die laaste lb voltooi nie, maar laat die laaste twee steke op die pen. Bring die nuwe kleur in en voltooi die langbeen. Draai en gaan voort met nuwe ry.
Met vermindering: In plaas van die aantal glipsteke aan die begin, heg met nuwe kleur aan in dr-ks en gaan voort met ry.
Hoe om rye te verminder (vanaf ry 11–19)
Verminder na ry 10 soos volg: Stap 1: draai werk om, gs in vlg 3 lb. Stap 2: gs in dr-ks.
Stap 3: 3 ks.
Stap 4: 3 lb in dr-ks, *gs in vlg dr-ks en dan weer 3 ks, 3 lb, herh van * tot einde van ry. Herhaal weer vanaf stap 1 vir vlg ry blokke.
Aanmekaarhekel van blokke
Plaas die blokke twee-twee met verkeerde kante op mekaar en hekel met kb in White aanmekaar vas. Hekel eers die blokke in elke ry aanmekaar vas en hekel dan die rye aanmekaar vas.
Rand om kombers
Met White, beg by hoek en hekel 2 rye kb reg rondom met 3 kb in elke blokkie.
Vlg rdte: 3 ks, slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg kb, 3 ks, 3 lb oor lb, *slaan 2 kb oor, 1 lb in vlg kb, 3 ks, 3 lb oor lb; herh van *tot einde; eindig met vlg lb in basis van beg- 3 ks, 3 ks, 2 lb, gs bo in beg-3 ks.