Meriek van den Berg, ‘n Mellins i-Style (www.mellins.co.za) oogkundige en grimeerkenner, sê jou hoe om mooi te maak as jy by -of versiende is.
VERSIENDE
Vroue met hoë hiperopiese voorskrifte het lense wat hul oë groter agter hul bril laat vertoon. Meriek stel voor:
- Gebruik donker en mat-oogskadu’s (nie glans) in bruin, grys of groen skakerings om oë kleiner te laat lyk.
- Bly weg van glinsterende ooggrimering want jou lense kan die effek beklemtoon.
- Smeer oogskadu aan die binneste ooghoek en werk na die buitenste hoek, sonder om verder as die vou in die ooglid te gaan.
- Gebruik ‘n donker oogomlyner of -potlood op die rand van die ooglid om oë kleiner te laat vertoon.
- Wees spaarsaming met maskara op die boonste wimpers en gebruik nog minder of geen maskara op die onderste wimpers.
- Wend ooggrimering uiters noukeurig aan want foute kan meer opvallend wees deur jou lense.
BYSIENDE
Vroue met miopiese voorskrifte het die teenoorgestelde probleem omdat lense hul oë kleiner laat vertoon. Probeer Meriek se 5 grimeerwenke wat kan help om oë groter te laat lyk:
- Vermy donker en swaar ooggrimering want dit kan jou oë kleiner laat lyk.
- Kies ligter oogskadukleure met ‘n tikkie glans in roos, laventel, room, liggrys of wit vir groter en helder oë.
- Gebruik ‘n ligter kleur op die binneste ooghoek en ‘n effens donkerder skakering op die middel van die ooglid. Wend ‘n donkerder kleur geleidelik aan soos jy van die middel na die buitenste ooghoek werk.
- Gebruik ‘n wit oogpotlood aan die binneste ooghoek. Andersins, kleur die laaste derde van die ooglid met ‘n helder kleuroogpotlood soos grys of bruin in en werk tot by die buitenste hoek.
- Gebruik baie maskara om jou oë groter te laat vertoon en te beklemtoon.
Besoek www.mellins.co.za vir meer inligting en oogsorgwenke.