Demi-Leigh Nel-Peters vestig haarself deesdae as internasionale model in Amerika en trou eersdaags met die bofbalspeler Tim Tebow. Ons het ’n paar vinnige vrae aan haar gevra
Vertel ons meer van jou lewe in New York? Hoe lyk ’ n tipiese dag in jou lewe?
Ek dink nie op die oomblik is daar iets soos ‘n tipiese dag vir my nie. My skedule is baie besig. Party dae is ek van vyfuur die oggend tot agtuur die aand met ‘n fotosessie besig. Ander dae staan ek op, gaan oefen, eet ‘n lekker ontbyt, en doen dan persoonlike takies soos admininstrasie. Ander dae reis ek. Daar is glad nie ‘n tipiese dag nie, elke dag verskil maar van dag tot dag.
Hoe het jou lewe verander vandat jy die Mej SA- en Miss Universe-titels gewen het?
My lewe het definitief oornag verbeter. Iets wat mens nie besef nie, is die aand wat jy Mej SA of Miss Universe wen, is dit letterlik ‘n oombliklike lewensverandering. Daar is so baie om by aan te pas en aan gewoond te raak, maar dit is nou al amper twee-drie jaar en dit was vir my so ‘n groot vorrreg. Dit was die grootste eer om my land te verteenwoordig. Ek is so dankbaar vir die platform wat ek gekry het en sien so uit wat vir wat in die toekoms op my wag.
Vertel ons meer van jou geliefde? Wat dink hy van ons land?
Tim was in Desember 2018 vir die eerste keer in Suid-Afrika en dit was baie spesiaal. Hy het bietjie van Sedgefield en die Tuinroete gesien en ‘n klein bietjie van Potchefstroom en Gauteng. Ons tyd was beperk so ek kon hom ongelukkig nie Kaapstad of die ander ongelooflike dele van ons land wys nie. Ek kan wel sê dat biltong en droëwors sy amptelike nuwe stapelvoedsel is! En hy is mal oor ‘n braai so ek dink hy sal baie goed by ons kultuur aanpas.
Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?
Ek mis definitief ons kos, kultuur, humorsin, en die warmte van ons mense. Wat ek die meeste mis is die familiariteit van als. En dan natuurlik my ouers, vriende, hond Benji, maar ons doen moeite om gereeld te gesels en mekaar te sien. Ek kom gewoonlik so elke tien weke Suid-Afrika toe so dit is altyd lekker en iets om na uit te sien.
Wat is die beste raad wat jy al gekry het?
Moet nooit met grimering aan slaap nie en drink baie water.
Wat is jou guilty pleasure?
Ek is mal oor roomys, sjokolade en Woolworths se spikkeleiertjies
Watter huistakie verpes jy?
Potte skrop!
Jou gunstelingliedjie op die oomblik?
Ek weet dis al oud, maar ek is steeds versot op The Greatest Showman se klankbaan
Tee/ Koffie?
Ek is baie lief vir al twee – koffie in die oggend en tee in die middag en aand.
Facebook/Instagram?
Katte/ honde?
Honde
TV / boeke?
TV
Bel / WhatsApp?
Bel – dis vinniger en persoonliker.