Brei so ’n fraai bolero en spoggerige mussie vir ’n dogtertjie – van geboorte tot sewe jaar
Moeilikheidsgraad: **
Wat het jy nodig?
ELLE PURE GOLD DK (100 g ) 1(1; 1: 2; 2; 2) balle in Glamour (A) 1 bal elk in Lily (B) en Cabaret (C) 3,25 mm- en 4 mm-naalde 3,25 mm-sirkelnaald 1 haakspeld
Grootte
0–6(6–12 mde; 1–2; 2–3; 4–5; 6–7) jaar
Spanning
2 2 ste en 28 rye is 10 cm in ks met 5 mm-naalde
Afkortings
aw – aweregs gl1 – glip een steek regsgewys ms – mossteek (1ste ry: (r1, aw1) tot einde. 2de ry: aweregs die r-steke en regs die awsteke soos dit voorkom.) omslag1 (dit is net sodat daar nie ’n gaatjie in breiwerk ontstaan as jy omdraai nie) – glip volgende steek op regterkantste naald en vat draad na teenoorgestelde kant van werk tussen naalde deur, glip dieselfde steek terug op linkerkanste naald, draai om en gaan voort r – regs rVa – regs voor en agter in dieselfde steek tgso – trek glipsteek oor weersk – weerskante aanwysings
Agterpant Met 4 mm-naalde en A stel 49(55; 62; 67; 71; 77) ste op en gaan voort in ms vir nog 12(18; 26; 34; 42; 48) rye, eindig met VK-ry.
Raglanvorming
Heg 4 ste aan beg van vlg 2 rye af. 41(47; 53; 59; 63; 69) ste.
Vir slegs 4de, 5de, en 6de groottes Gaan voort in ms, heg 1 st aan weersk van elke ry af. (51; 59; 61) ste.
Vir al 6 groottes Werk 24(28; 30; 28; 32; 34) rye, vmin 1 st aan weersk van vlg en elke vlg alt ry. 17(19; 23; 23; 27; 27) ste. Heg af.
Linkervoorpa nt Met 4 mm-naalde stel 8(9; 10; 11; 12; 13) ste op.
1ste ry: ms tot einde, stel 2 ste op (voorste rand). 10(11; 12; 13; 14; 15) ste.
2de ry: stel 1 st op, ms tot einde. 11(12; 13; 14; 15; 16) ste. Herh 1ste en 2de rye nog 1(1; 1; 2; 2; 2;) keer. 14(15; 16; 20; 21; 22) ste. Werk 4 rye, vmeer 1 st aan voorste rand in elke ry. 18(19; 20; 24; 25; 26) ste. Werk 3(7; 11; 6; 8; 12) rye, vmeer 1 st aan voorste rand in vlg en elke vlg alt ry. 20(23; 26; 27; 29; 32) ste.
Vir slegs 4de, 5de en 6de groottes Werk 5 rye, vmeer 1 st aan voorste rand in vlg en vlg 4de ry. (29; 31; 34) ste.
Vir al 6 groottes Werk 3(5; 9; 15; 21; 23) rye sonder om te vorm.
Raglanvorming Vlg ry: heg 4 ste af, ms tot einde. 16(19; 22; 25; 27; 30) ste.
Vlg ry: ms.
Vir slegs 4de, 5de en 6de groottes Werk (4; 2; 4) rye, vmin 1 st aan raglanrand in elke ry. (21; 25; 26) ste.
Vir al 6 groottes Werk 10(14; 16; 12; 16; 18) rye, vmin 1 st aan raglanrand in vlg en elke vlg alt ry. 11(12; 14; 15; 17; 17) ste.
Halsvorming
Vir slegs 1ste, 2de, 3de, en 4de groottes Werk 9(9; 9; 6) rye, vmin 1 st aan raglanrand in vlg en elke vlg alt ry, TERSELFDERTYD, vmin 1 st aan halsrand in vlg en vlg 8(4; 2; 2)e ry. 4(4; 4; 9) ste.
Vir slegs 5de en 6de groottes Werk 2 rye, vmin 1 st aan raglanrand in 1ste ry, TERSELFDERTYD, vmin 1 st aan halsrand in elke ry. 14 ste.
Vir slegs 4de, 5de en 6de groottes Werk (5; 9; 9) rye, vmin 1 st aan raglanrand in vlg en elke vlg alt ry, TERSELFDERTYD, vmin 1 st aan halsrand in vlg en vlg (4; 2; 2)e ry. 4 ste.
Vir al 6 groottes Werk 4 rye, vmin 1 st slegs aan raglanrand in 2de en vlg alt ry. 2 ste.
Vlg ry: aw2tes. Heg af.
Regtervoorpant Voltooi soos linkervoorpant maar spieëlbeeld daarvan.
Moue Met 3,25 mm-naalde en A stel 34(40; 44; 48; 52; 56) ste op. Werk in 2×2-rif vir 2 rye in A, 2 rye in B, 2 rye in C, 2 rye in B en 2 rye in A, vmeer 1 st in middel van laaste ry. 35(41; 45; 49; 53; 57) ste. Met 4 mm-naalde en A gaan voort in ms vir 4 rye. Vmeer 1 st aan weersk van vlg en vlg 4de ry tot 39(45; 49; 53; 57; 61) ste. Werk 4 rye sonder om te vorm.
Raglanvorming Heg 4 ste aan beg van vlg 2 rye af.
Vir slegs 1ste en 2de grootte Werk 8(4) rye, vmin 1 st aan weersk van van vlg en vlg 4(10)e ry. 27(35) ste.
Vir slegs 5de en 6de grootte Werk 2 rye, vmin 1 st aan weersk van elke ry. (45; 49) ste.
Vir al 6 groottes Werk 16(24; 30; 32; 32; 36) rye, vmin 1 st aan weersk van vlg en elke vlg alt ry. 11(11; 11; 13; 13; 13) ste. Heg af.
Rand agter onder Met 3,25 mm-naalde an A tel op en r 50(54; 62; 66; 70; 78) ste oor rand onder. Met A werk 2×2-rif vir 2 rye, dan B 2 rye, C 2 rye, B 2 rye en A 2 rye. Heg af.
Rand om voorpante Werk raglannate toe. Met 3,25 mmsirkelnaald en A beg by syrand regs voor, tel op en r 8(9; 10; 11; 12; 13) ste oor aanhegrand, 15(19; 23; 27; 29; 33) ste eweredig langs gevormde rand, 16(22, 27, 34, 42, 45) ste langs reguit rand, 14(14; 16; 18; 18; 18) ste eweredig langs gevormde rand, 11(11; 11; 13; 13; 13) ste van bokant van reguit rand van mou, 17(19; 23; 23; 27; 27) ste oor agterkant van nek, 11(11; 11; 13; 13; 13) ste van bokant van reguit rand van mou, 14(14; 16; 18; 18; 18) ste eweredig langs gevormde rand, 16(22, 27, 34, 42, 45) ste langs reguit rand, 15(19; 23; 27; 29; 33) ste eweredig langs gevormde rand, 8(9; 10; 11; 12; 13) ste oor aanhegrand. 145(169; 197; 229; 255; 271) ste.
Vlg ry: met A aw4(5; 6; 7; 8; 8), (vmeer in vlg st, aw1)9(11; 13; 15; 16; 18) keer, vmeer in vlg st, aw41(48; 56; 67; 78; 82), (vmeer in vlg st, aw1) 8 keer, vmeer in vlg st, aw41(48; 57; 68; 78; 82), (vmeer in vlg st, aw1) 9(11; 13; 15; 16; 18) keer, vmeer in vlg st, aw4(5; 6; 7; 8; 8). 174(202; 234; 270; 298; 318) ste. Met A werk 2 rye in 2×2-rif. Met A rif 102(116; 135; 152; 168; 178) ste, omslag1, draai.
2de ry: rif 30(32; 36; 35; 38; 38), omslag1, draai.
3de ry: rif 32 (34; 38; 36; 39; 39) omslag1, draai. Werk nog 13(13; 13; 3; 3; 3) rye, gaan voort met omslagrye en werk elke keer 2(2; 2; 1; 1; 1) ste meer met elke draai.
Vir slegs 4de, 5de en 6de groottes Werk 14 rye, werk 2 ste meer in elke omslagry.
Vir al 6 groottes
Vlg ry: rif tot einde.
Vlg ry: rif tot einde. Rif 2 rye in B, 2 rye in C, 2 rye in B en 2 rye in A. Heg in rif. Mus Met 3,25 mm-naalde en A stel 72(78; 84; 90; 90; 96) ste op. Werk 2 rye in 2×2-rif met A, 2 rye in B, 2 rye in C, 2 rye en B en 2 rye in A. Gaan voort in ks en werk 4 rye in B, 4 rye C, 4 rye A, Herh kleurstrepe tot werk sowat 13(14; 14; 15; 16; 16) cm lank is, eindig met VK-ry.
Vorm bokant Gaan voort met kleurstrepe soos volg:
1ste ry: (r2tes, r4) tot einde.
2de en elke alt ry: aw
3de ry: (r2tes, r3) tot einde.
5de ry: (r2tes, r2) tot einde.
7de ry: (r2tes, r1) tot einde.
9de ry: (r2tes) tot einde.
10de ry: aw2tes tot einde. Breek draad af, ryg deur oorbl ste, trek styf en werk vas.
Om te voltooi
Met regte kante op mekaar, werk naat agter toe.
Blom Met 4 mm-naalde en een van die kleure stel 50 ste op.
1ste ry: r.
Vlg ry: rVa in elke st.
Vlg ry: r. Met ’n ander kleur r. Heg af.
Om te voltooi
Rol aan aanhegrand op en werk vas soos jy aangaan. Werk haakspeld agter blommetjie vas. Steek bolero voor vas indien verkies.
Opsioneel
Maak ook blom vir mus.
Christa is sedert Oktober 1999 deel van die Vrouekeur-span en geniet steeds elke dag haar werk as taalversorger. Sy is mal oor haar kinders, kleinkinders, brei en lees en sommer die lewe in die algemeen. Sy moet net keer …